Militantes van die Taliban en al-Kaida gebruik beknopte tronke in Afghanistan as ‘n veilige vesting om aanvalle te beplan en om werwing te doen, waarsku die hoogste Amerikaanse bevelvoerder in Afghanistan in ‘n verslag aan President Barack Obama.
“Daar is meer insypelaars per vierkante voet in korrektiewe instellings as op enige ander plek in Afghanistan,” beweer die vertroulike verslag wat deur die Washington Post in die hande gekry en gister gepubliseer is.
In sy strakke feiteoorsig, wat ‘n pleidooi vir meer Amerikaanse troepe insluit, stel Generaal Stanley McChrystal ‘n oordoen van hoe die Amerikaanse militêre magte en die Kaboel-regering insurgente hanteer.
Hy het ‘n beroep gedoen dat ekstremiste van meer gematigde gevangenes geskei word en vir die oprigting van ‘n Amerikaanse taakmag wat “na die langtermyndoel om die VSA uit die aanhoudingsbesigheid te kry, sal werk,” terwyl hulle Kaboel sal help om die land se tronke op te knap.
“Die VSA het na Afghanistan gekom onder eed om hierdie selfde vyande veilige vestings te ontsê in 2001,” het die generaal geskryf.
“Hulle het gegaan van onbereikbare bergskuilings tot werwing en indoktrinering terwyl hulle in die oopte wegkruip, in die Afghaanse Korrektiewe stelsel.”
Die verslag waarsku dat “insypelaars die Afghaanse Korrektiewe Dienste as ‘n veilige vesting en ‘n basis vanwaar dodelike operasies (teen die sentrale regering en koalisiemagte) gebruik word.”
Hy beraam dat el-Kaida-insypelaars meer as 2 500 van die land se 14 500 gevangenes uitmaak.
