Jan Taks gee meer tyd

ImageDie sperdatum vir die indiening van belastingopgawes is tot 5 Desember verleng.

Belastingbetalers het dus twee weke ekstra gekry om hul opgagewes in te dien, is Donderdagmiddag bekend gemaak.

Die belasting inkomstediens se kommissaris, Pravin Gordhan, het gesê een van die redes vir die verlenging is omdat Suid-Afrikaners geneig is om sake tot op die nippertjie uit te stel.

Aanvanklik moes belastingopgawes teen 21 November ingedien gewees het.Book of Mayatopcargo

Eskom ontken probleme

ImageEskom het Donderdag gesê dat die land nie kragonderbrekings in Januarie en Februarie volgende jaar sal ondervind nie. Algemene bestuurder van die aanvraagkant, Andrew Etzinger, het bevestig dat e-posse die rondte doen waarin beweer word dat die land se netwerk gaan ingee, maar hy het gesê dat die kragstelsel in 'n baie beter toestand is as 'n jaar gelede.

Die kragonderbrekings en beurtkrag wat Suid-Afrikaners aan die begin van die jaar moes trotseer was meegebring deur 'n verlaging in die land se reserwes van onder 5%. Internasionaal word dit as 'n goeie maatreël beskou vir kragprodusente om ten minste 'n 20% reserwemarge te hê vir ingeval daar 'n noodtoestand heers.

Terwyl Etzinger sê dat Suid-Afrika se reserwemarge nie veel verbeter het nie omdat dit nou op 6% staan en nog nie by 15% soos beoog nie, het Eskom sedert April afgesien van beurtkrag en die moratorium om nuwe aansluitings afgeskaf.

Steenkoolvoorsiening by Eskom se kragstasies wat op 'n stadium af was na 5 dae se voorraad of minder, is nou gemiddeld op na 35 dae en geen stasie het minder as 20 dae se voorraad nie.

Almal is bekommerd oor Eskom se vermoë om die ligte te laat aanhou brand, veral met die nuwe jaar wat voorlê, sê Etzinger. Maar Eskom het "redelik vertroue" dat hulle die paal sal haal.

модельки автоданильченко юрій броніславович компромат

ANC verwelkom Smuts Ngonyama se bedanking

Die ANC het Donderdag gesê dat hulle mnr. Smuts Ngoyama se bedanking verwelkom.

"Smuts Ngoyama het vandag (Donderdag) sy bedanking uit die ANC ingedien. Die ANC verwelkom sy bedanking sonder enige gevoelens van spyt. Ons wens hom sterkte toe met sy toekomstige aktiwiteite," het die ANC in 'n persverklaring gesê. Vroeër het Ngoyama bevestig dat hy gaan bedank.

"Ek bedank vandag [Donderdag]" het hy gesê. "Ek het met die sekretaris-generaal, mnr. Gwede Mantashe gepraat en hom van my besluit ingelig."

Ngoyama sal later vandag die redes vir sy bedanking by 'n perskonferensie wat deur die Volkskongres van Terror Lekota en Mbhazima Shilowa gereël word, bekendmaak.

монстр хай новые серийлобановский александр жена

Honderde wag om Zuma te ontmoet

Honderde ANC verkiesingsbeamptes het Donderdag bymekaargekom by die Mayibuye Sentrum in Galeshewe om te wag vir ANC president, Jacob Zuma.

Zuma sal verskeie gemeenskappe rondom Kimberley besoek en toesprake hou. Zuma het Woensdag die Upington gebied besoek.

By die Mayibuye Sentrum het honderde ANC lede met geel T-hemde singend en dansend vir Zuma gewag. Die ANC president sou na verwagting met alliansievennote soos Cosatu, in die Noord-Kaap vergader.

Hy gaan ook 'n besoek bring aan Platfontein, buite Kimberley, die tuiste van die inheemse Khoe- en Kwe-gemeenskappe in die Noord-Kaap.

игрушки купитьлобановский александр жена

Dissiplin?re verhore is kommerwekkend, s? forum

Die SA Nasionale Redakteursforum (Sanrf)  het gewaarsku teen 'n kommerwekkende neiging wat hulle opmerk, waarvolgens dissiplinêre verhore teen personeel aanhangig gemaak word wat kritiek uitspreek omtrent omstandighede waar hulle werk.
Die forum het dit Woensdag gesê nadat hulle gehoor het dat professore Nithaya Chetty en John van den Berg sulke verhore in die gesig staar nadat hulle met die pers gepraat het oor die universiteit van KwaZulu-Natal se vise-kanselier, professor Malegapuru Makgoba.

Hulle het klaarblyklik beweer dat hy die inagneming van 'n dokument van die fakulteit van wetenskap en landbou oor die "toestand van akademiese vryheid by die universiteit" verhoed het. Die professore word aangekla dat hulle nie die nodige versigtigheid aand die dag gelê het toe hulle met die pers gepraat het nie, en dat hulle vertroulike inligting van die senaat vrygestel het.

Verder word hulle ook beskuldig dat hulle oneerlik en/of nalatig was. Sanrf het in 'n verklaring gesê hulle is bekommerd oor die uitwerking van sulke aanklagte op die vryheid van die pers. Nog 'n bekommernis wat hieruit ontstaan, is die toegang tot en verspreiding van inligting in 'n openbare instelling. Die universiteit van KwaZulu-Natal was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

Sanrf het gesê daar was ander gevalle waar werknemers gestraf is omdat hulle met die media gepraat het oor werksomstandighede. "Een ding wat hieruit kan ontstaan is dat werknemers sal ophou om hul klagtes bekend te maak, wat sal lei tot 'n opdroog van inligtingsbronne, en dat sake wat van openbare belang is dus geheim gehou sal word."

детский игры для девочекФільчаков прокурор

Dae van rou afgekondig vir Makeba

President Kgalema Motlanthe het nasionale dae van rou afgekondig vir die swart-nasiojalistiese sangeres, Mirriam Makeba, het die presidensie op Woensdag afgekondig.

"Alle nasionale vlae by provinsiale en nasionale plekke, insluitend diplomatieke sendings oorsee sal vanaf 13 November tot haar begrafnisdiens en verassing halfmas hang ter nagedagtenis aan haar," het die presidensie in 'n verklaring gesê.

Dit is ter ere aan die bydrae wat Makeba gelewer het tot die stryd teen apartheid, deur haar musiek en onbeweegbare standpunte ten opsigte van humanitêre sake.

Intussen het Motlanthe die meegevoel van die regering en die nasie aan haar familie, vriende en kollegas oorgedra.

"Haar gees sal aanhou leef in die hart van almal, en die wêreld sal aanhou om haar te eer vir haar bydraes om Suid-Afrika en die wêreld 'n beter plek te maak vir almal" het hy gesê.

Makeba se humanitêre werk het vir haar baie toekenning gewen, soos byvoorbeeld dat sy as die welwillendheidsambassadeur vir die VN se voedsel- en landbou-organisasie benoem is in 1999.

Sy het ook in dieselfde jaar die Nasionale orde vir Uitsonderlike diens en Prestasies diens ontvang, asook vele ander toekennings.

Motlanthe het die hoop uitgespreek dat haar familie inspirasie daaruit sal put dat daar vele mense was wat na Makeba opgesien het, en met haar werk sal voortgaan.

Boeke vir boodskappe van meegevoel van die publiek sal van Donderdag af oop wees by die Uniegeboue in Pretoria en Tuynhuis in Kaapstad.

free slotscasino gamesФильчаков прокуратура харьков

Agterdog styg oor Siri? se kernambisies

ImageDie beweerde ontdekking van tekens van uraan by 'n plek wat in 2007 deur Israeliese vliegtuie met bomme platgemaak is, het vrese laat toeneem dat dié midde oosterse staat se stelling dat kernmateriaal net vir skadelose doeleindes vervaardig word nie die waarheid is nie. Diplomate het gesê dat uraanspore gevind is by 'n moontlike geheime kernreaktor in Sirië.

Diplomate in Wene het onthul dat monsters wat geneem is by die moontlike geheime reaktor in Sirië elemente van uraan in kombinasie met ander elemente bevat het, wat verdere ondersoek vereis. Beamptes in Amerika glo ook dat die terrein wat deur Israeliese bomwerpers aangeval was, 'n amper voltooide kernreaktor was wat plutonium kom vervaardig, iets wat die weg baan vir kernwapens. Damaskus het herhaaldelik bevestig dat hulle geen kernwapens program gehad het nie, en op Dinsdag was daar geen onmiddellike reaksie van Sirië omtrent die beweerde uraanfonds.

Die kernmateriaal wat op die terrein gevind is, was reeds geprosesseer en nie rou materiaal nie. Dit dui op 'n kernskakel, het diplomate wat in Wene gebaseer is, waar die VN waghond organisasie, die Internasionale Atoom Energie Agentskap (IAEA) hulle hoofkantoor het, Maandag aan die AP nuusagentskap gesê.

Dit is 'n belangrike fonds, as mens dit beskou saam met spore van elemente wat gevind is in olie- en lugmonsters wat deur die IAEA inspekteurs in Junie geneem is, het die diplomate gesê. Hoof VN kerninspekteur, Mohamed ElBaradei het Dinsdag gesê dat sy agentskap die bewerings van 'n geheime kernwapenprogram baie ernstig opneem, maar hy het geweier om te bevestig of uraan gevind is in die omgewingsmonsters van die terrein.

El Baradei, wat hoof is van die IAEA wat in Wene gebaseer is, het Damaskus aangemoedig om met die organisasie se ondersoek saam te werk, en het 'n beroep gedoen op ander nasies met inligting om dit bekend te maak.

Die bevindinge sal na verwagting in 'n verslag oor Sirië aan die IAEA op volgende week se raadsvergadering bekend gemaak word, 'n week voor nog 'n vergadering wat teen die einde van November moet plaasvind, het hulle gesê. Die ontdekking van uraan in die nuutste onthulling in die IAEA se ondersoek na die perseel wat naby die Eufraatrivier en die grens met Irak geplaas is. VN inspekteurs het gesê dat hulle verlede maand elemente opgespoor is lug-en grondmonsters wat na hulle mening verdere ondersoek verg.

Dit sal nuwe momentum gee aan die waghondorganisasie om met die ondersoek voort te gaan nadat toetse in Junie onseker resultate getoon het, wat veroorsaak het dat Damaskus nog meer geprotesteer het dat die IAEA se ondersoek onnodig was. Sirië het 'n basiese kernprogram wat betrokke is met navorsing en die vervaardiging van isotope vir gebruik in geneeskunde en landbou, maar hulle het herhaaldelik gesê dat hulle geen behoefte het om 'n
kernarsenaal te ontwikkel nie.

In 'n onderhoud met Spiegel Online wat Maandag gepubliseer is, het Sirië se minister van buitelandse sake, Walid al-Moallem dit weer uitgespel dat die staat se kernambisies nie verder as dit gaan wat reeds bekendgemaak is nie. "Ons gee aan die wêreld ons versekering dat ons geen kernbehoeftes het nie, geen behoeftes om militêre kernkapasiteit te bou nie" het hy gesê

online csinoФильчаков

Algeri? skrap presidensi?le termynbeperking

Die Algeriese parlement het met oorweldigende syfers gestem vir die afskaffing van ‘n termynbeperking op die presidentskap in die land.

Woensdag se veranderinge aan die grondwet baan die weg vir president Abdelaziz Bouteflika om ‘n derde termyn aan die beheer van die land te versoek met die volgende verkiesing.

Dié konstitusionele verandering het ‘n driekwartmeerderheid in die gekombineerde vergadering van beide parlementêre vergaderings nodig gehad.

Die vyf veranderings is aanvaar met 500 stemme uit 529, met 21 wat daarteen gestem het en 8 mense wat buite stemming gebly het gedurende ‘n parlementêre sessie wat oor die nasionale radio uitgesaai is.

Die veranderings het ook presidensiële magte verhoog, die regering geherorganiseer  en die rol van vroue in politiek bevorder.

справка о нетрудоспособностиtopcargo отзывы

Engen-raffinadery in Durban in ligte laaie

’n Olieraffinadery in Durban is gesluit nadat ’n brand vroeg vanoggend by die plek uitgebreek het.

 

’n Woordvoerder van Engen het aan Sapa gesê die brand het kort ná middernag in die ru-olie-eenheid ontstaan en is teen 3:10vm deur die aanleg se eie brandbestrydingspan geblus.
 
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
 
Die raffinadery, wat in Wentworth geleë is, voorsien in sowat 20% van Suid-Afrika se geraffineerde brandstof volgens Sapa.

 

no deposittopcargo отзывы

Zuma s? Motlanthe sal nie bly nie

ImageANC president Jacob Zuma, het die sterkste aanduiding nog gegee dat hy president van Suid-Afrika wil wees. Zuma het dit duidelik gemaak dat die ANC ‘n resolusie aanvaar het by die Polokwanekonferensie dat die president van die ANC ook die president van die land sal wees, en “daardie resolusie het nog nie verander nie.”

 

Zuma het tydens ‘n ANC-noenmaalgeleentheid met redakteurs in Johannesburg gesê dat daar geen debat in die ANC is daaroor of Motlanthe in sy rol as president moet aanbly nie.

Zuma het gesê die ANC-leierskap het jeugligaleier Julius Malema ingeroep en met hom gepraat oor sy opruiende openbare stellings.

Zuma was vasberade dat hy nie direk met die DA -eier Helen Zille in ‘n debat sal tree nie, en ook nie met die wegbreekparty oor beleidsaangeleenthede nie.

Hulle behoort hulle beleidsbesluite eerder na die kiesers te neem soos wat die ANC dit doen, het hy gesê.

Zille het Zuma onlangs uitgedaag tot ‘n openbare debat oor beleidsake, nadat hy aan ‘n saamtrek gesê het dat hy reg is om met die Volkskongres (COPE) te gesels oor beleidsbesluite. Zille se uitdaging is deur Zuma verwerp.

Redakteurs wou weet of Zuma bereid sou wees om met Zille en die Volkskongres te debatteer.

Zuma het geantwoord dat dit eerder die vraag laat ontstaan het oor wat Zille wou bereik met haar uitdaging.

“Ons word gedwing om te spekuleer. Daar kan vermoedens wees dat hier ‘n sekere persoon is wat haarself probeer verhoog in statuur deur met die regerende party te debatteer.”

Die ANC glo dat partye direk na die kiesers toe moet gaan met beleidsvrae

Die ANC-president het bevestig dat hy nie gesê het dat hy reg is om oor beleid te debatteer met die Volkskongres nie. Wat hy gesê het is dat hy gereed is om hulle beleid aan te vat.     

online casinosлобановский александр