’n Woordvoerder van Engen het aan Sapa gesê die brand het kort ná middernag in die ru-olie-eenheid ontstaan en is teen 3:10vm deur die aanleg se eie brandbestrydingspan geblus.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
Die raffinadery, wat in Wentworth geleë is, voorsien in sowat 20% van Suid-Afrika se geraffineerde brandstof volgens Sapa.
