Zuma het tydens ‘n ANC-noenmaalgeleentheid met redakteurs in Johannesburg gesê dat daar geen debat in die ANC is daaroor of Motlanthe in sy rol as president moet aanbly nie.
Zuma het gesê die ANC-leierskap het jeugligaleier Julius Malema ingeroep en met hom gepraat oor sy opruiende openbare stellings.
Zuma was vasberade dat hy nie direk met die DA -eier Helen Zille in ‘n debat sal tree nie, en ook nie met die wegbreekparty oor beleidsaangeleenthede nie.
Hulle behoort hulle beleidsbesluite eerder na die kiesers te neem soos wat die ANC dit doen, het hy gesê.
Zille het Zuma onlangs uitgedaag tot ‘n openbare debat oor beleidsake, nadat hy aan ‘n saamtrek gesê het dat hy reg is om met die Volkskongres (COPE) te gesels oor beleidsbesluite. Zille se uitdaging is deur Zuma verwerp.
Redakteurs wou weet of Zuma bereid sou wees om met Zille en die Volkskongres te debatteer.
Zuma het geantwoord dat dit eerder die vraag laat ontstaan het oor wat Zille wou bereik met haar uitdaging.
“Ons word gedwing om te spekuleer. Daar kan vermoedens wees dat hier ‘n sekere persoon is wat haarself probeer verhoog in statuur deur met die regerende party te debatteer.”
Die ANC glo dat partye direk na die kiesers toe moet gaan met beleidsvrae
Die ANC-president het bevestig dat hy nie gesê het dat hy reg is om oor beleid te debatteer met die Volkskongres nie. Wat hy gesê het is dat hy gereed is om hulle beleid aan te vat.

ANC president Jacob Zuma, het die sterkste aanduiding nog gegee dat hy president van Suid-Afrika wil wees.