Arrestasies verwag na bedrog by staatsdepartement

Na verwagting sal verskeie senior sosialeontwikkelingsdepartementbeamptes gearresteer word wanneer polisie toeslaan op verdagtes in ‘n multimiljardrand bedrogsaak wat sowat 10 jaar terugstrek.

 

LUR Meshack Radebe het op Dinsdag die eerste fase van ‘n ondersoek  wat verlede jaar begin het, bekendgemaak. Hy het gesê dat die hoeveelheid “groot visse” wat betrokke is, daarop dui dat ‘n sindikaat met politieke bande verantwoordelik was vir die bedrog.

Die sindikaat, wat klaarblyklik deur drie mense bestuur word, het sewe maatskappye wat die departement vir miljoene gemelk het. Die sindikaat word daarvan beskuldig dat hulle multimiljoenrand kontrakte toeken aan die maatskappye nadat die kontrakte ontvang is.

Daarmee saam het die sindikaat se maatskappye die departement laat betaal vir dienste, terwyl hulle net die helfte van die personeel voorsien het.

Radebe het gesê dat die sindikaat weggegee is deurdat dieselfde faksnommer op al die diensverskaffers se dokumente verskyn.

‘n Dokument het getoon dat ‘n bedrag van R50 miljoen rand betrokke is, hoewel daar vermoed word dat die skade miljarde beloop. “Dit is die punt van die ysberg” het hy gesê. Meer onthullings sal volg sodra die ondersoek die tweede fase binnegaan.

Die bevindings van die ondersoek is verlede week bekendgemaak aan geskokte KZN-kabinetslede, wat vinnige aksie deur Radebe aanbeveel het.

Die volledige inhoud van die verslag, insluitende name, adresse en bedrae geld sal aan die provinsiale polisiekommissaris, Hamilton Ngidi, oorhandig word en arrestasies kan binnekort verwag word.

Radebe het gesê dat hy vol vertroue is dat die polisie vinnig sal optree.

Hy het gesê die ondersoek is begin nadat verskeie bewerings van korrupsieontvang is voordat hy beheer van die departement oorgeneem het in November 2006.

Hy het bygevoeg dat die ondersoek sy lewe in gevaar mag stel, maar dat hy bereid is om dit te aanvaar.

Hy het ook bygevoeg dat die departement moeite sal doen om die geld wat van die departement gesteel is terug te kry.      

freeлобановский александр досье

Maak 'n opvolg-bydrae