Mynwerkers by Lonmin in Limpopo staak

13:16:15 Meer as 2000 mynwerkers by Lonmin in Limpopo het op ‘n staking gegaan, het die Nasionale Unie van Mynwerkers (NUM) Woensdag gesê. NUM woordvoerder Lesiba Seshoka het gesê die staking van byna die hele werksmag is om die groot verskil in salaris uit te wys van Lonmin-werkers tussen Rustenburg en Limpopo.

“Die NUM het die CCMA genader om tussenbeide te tree en het uiteindelik ‘n sertifikaat gekry van nie-ooreenkoms vir die dispuut. In pleks daarvan om die probleme uit te sorteer, het Lonmin gedreig om meer as 16 000 werkers te ontslaan, en het hulle die huidige ekonomiese probleme as rede voorgehou,” het hy gesê.

Lonmin se woordvoerder, Alex Shorland-Ball, wat in Londen gebaseer is, en nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar was nie, het verlede week gesê dat sy nie die diensbeëindiging kon bevestig nie.

Seshoka het gesê ‘n Lonmin-werker in Limpopo verdien tussen R1800 en R2200 per maand, in teenstelling met Rustenburg se Lonmin-werkers op dieselfde vlak wat tussen R2800 en R3600 verdien.

“Die staking sal voortgaan tot ‘n oplossing gevind word,” het Seshoka gesê.

Produksie by Lonmin, die derde grootste platinumprodusent in die wêreld is geraak deur afskaling wat met veiligheid te make het, asook landwye elektrisiteitsvoorsieningsprobleme en ‘n daling in wêreldpryse vir die metaal.     

игр машинкитопкарго

Maak 'n opvolg-bydrae