Korporatiewe vrese werp skaduwee op w?reldmarkte

13:18:20 Vrese dat die finansiële krisis slagoffers gaan eis onder sommige van Amerika se grootste korporatiewe reuse het wêreldmarkte Woensdag versigtig gelaat, terwyl Oosterse aandele nog verliese gelei het.

Bekommernis dat General Motors bankrot kan raak, het die uitwerking van die globale kredietkrisis skerp in fokus gebring. Ook in die ooste was daar nuwe getuienis dat maatskappye negatief geraak word deur die krisis.

Finansiële onrus mag versag, “maar vrese vir ‘n globale resessie en slegte korporatiewe nuus hou steeds aan,” het Alex Huang, ‘n assistentvisepresident by Mega International Investment Services in Taipei gesê.

“Indien General Motors  sou ineenstort, sal die impak astronomies wees,” het hy gesê.

Daar is ook hoop dat die wêreldleiers sal saamstem op nuwe optrede om die ergste finansiële krisis in dekades aan te spreek wanneer hulle dié naweek in Washington vergader.

Kenners het gesê dat die beraad van leiers van 20 ontluikende en gevorderde ekonomieë waarskynlik sal sukkel om met konkrete metodes vorendag te kom, ten spyte van die wye kommer oor globale resessie.

Beleggers was kriewelrig oor verskille tussen president George W. Bush en nuutverkose kandidaat Barack Obama oor hoe om die drie groot voertuigvervaardigers, General Motors, Chrysler en Ford,  wat in die moeilikheid is, te help.

GM se hoofuitvoerendebeampte, Rick Wagoner, het gesê dat die motorreus net genoeg kapitaal het om vir ‘n paar maande voort te gaan.

Markte wag in spanning op Amerika se handelsyfers en ‘n belangrike vertroue-aanwyser wat Vrydag gepubliseer moet word, wat na verwagting ‘n skerp daling in die wêreld se grootste ekonomie sal aandui.

самые красивые куклыФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae