Algeri? skrap presidensi?le termynbeperking

Die Algeriese parlement het met oorweldigende syfers gestem vir die afskaffing van ‘n termynbeperking op die presidentskap in die land.

Woensdag se veranderinge aan die grondwet baan die weg vir president Abdelaziz Bouteflika om ‘n derde termyn aan die beheer van die land te versoek met die volgende verkiesing.

Dié konstitusionele verandering het ‘n driekwartmeerderheid in die gekombineerde vergadering van beide parlementêre vergaderings nodig gehad.

Die vyf veranderings is aanvaar met 500 stemme uit 529, met 21 wat daarteen gestem het en 8 mense wat buite stemming gebly het gedurende ‘n parlementêre sessie wat oor die nasionale radio uitgesaai is.

Die veranderings het ook presidensiële magte verhoog, die regering geherorganiseer  en die rol van vroue in politiek bevorder.

справка о нетрудоспособностиtopcargo отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae