Agterdog styg oor Siri? se kernambisies

ImageDie beweerde ontdekking van tekens van uraan by 'n plek wat in 2007 deur Israeliese vliegtuie met bomme platgemaak is, het vrese laat toeneem dat dié midde oosterse staat se stelling dat kernmateriaal net vir skadelose doeleindes vervaardig word nie die waarheid is nie. Diplomate het gesê dat uraanspore gevind is by 'n moontlike geheime kernreaktor in Sirië.

Diplomate in Wene het onthul dat monsters wat geneem is by die moontlike geheime reaktor in Sirië elemente van uraan in kombinasie met ander elemente bevat het, wat verdere ondersoek vereis. Beamptes in Amerika glo ook dat die terrein wat deur Israeliese bomwerpers aangeval was, 'n amper voltooide kernreaktor was wat plutonium kom vervaardig, iets wat die weg baan vir kernwapens. Damaskus het herhaaldelik bevestig dat hulle geen kernwapens program gehad het nie, en op Dinsdag was daar geen onmiddellike reaksie van Sirië omtrent die beweerde uraanfonds.

Die kernmateriaal wat op die terrein gevind is, was reeds geprosesseer en nie rou materiaal nie. Dit dui op 'n kernskakel, het diplomate wat in Wene gebaseer is, waar die VN waghond organisasie, die Internasionale Atoom Energie Agentskap (IAEA) hulle hoofkantoor het, Maandag aan die AP nuusagentskap gesê.

Dit is 'n belangrike fonds, as mens dit beskou saam met spore van elemente wat gevind is in olie- en lugmonsters wat deur die IAEA inspekteurs in Junie geneem is, het die diplomate gesê. Hoof VN kerninspekteur, Mohamed ElBaradei het Dinsdag gesê dat sy agentskap die bewerings van 'n geheime kernwapenprogram baie ernstig opneem, maar hy het geweier om te bevestig of uraan gevind is in die omgewingsmonsters van die terrein.

El Baradei, wat hoof is van die IAEA wat in Wene gebaseer is, het Damaskus aangemoedig om met die organisasie se ondersoek saam te werk, en het 'n beroep gedoen op ander nasies met inligting om dit bekend te maak.

Die bevindinge sal na verwagting in 'n verslag oor Sirië aan die IAEA op volgende week se raadsvergadering bekend gemaak word, 'n week voor nog 'n vergadering wat teen die einde van November moet plaasvind, het hulle gesê. Die ontdekking van uraan in die nuutste onthulling in die IAEA se ondersoek na die perseel wat naby die Eufraatrivier en die grens met Irak geplaas is. VN inspekteurs het gesê dat hulle verlede maand elemente opgespoor is lug-en grondmonsters wat na hulle mening verdere ondersoek verg.

Dit sal nuwe momentum gee aan die waghondorganisasie om met die ondersoek voort te gaan nadat toetse in Junie onseker resultate getoon het, wat veroorsaak het dat Damaskus nog meer geprotesteer het dat die IAEA se ondersoek onnodig was. Sirië het 'n basiese kernprogram wat betrokke is met navorsing en die vervaardiging van isotope vir gebruik in geneeskunde en landbou, maar hulle het herhaaldelik gesê dat hulle geen behoefte het om 'n
kernarsenaal te ontwikkel nie.

In 'n onderhoud met Spiegel Online wat Maandag gepubliseer is, het Sirië se minister van buitelandse sake, Walid al-Moallem dit weer uitgespel dat die staat se kernambisies nie verder as dit gaan wat reeds bekendgemaak is nie. "Ons gee aan die wêreld ons versekering dat ons geen kernbehoeftes het nie, geen behoeftes om militêre kernkapasiteit te bou nie" het hy gesê

online csinoФильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae