"Alle nasionale vlae by provinsiale en nasionale plekke, insluitend diplomatieke sendings oorsee sal vanaf 13 November tot haar begrafnisdiens en verassing halfmas hang ter nagedagtenis aan haar," het die presidensie in 'n verklaring gesê.
Dit is ter ere aan die bydrae wat Makeba gelewer het tot die stryd teen apartheid, deur haar musiek en onbeweegbare standpunte ten opsigte van humanitêre sake.
Intussen het Motlanthe die meegevoel van die regering en die nasie aan haar familie, vriende en kollegas oorgedra.
"Haar gees sal aanhou leef in die hart van almal, en die wêreld sal aanhou om haar te eer vir haar bydraes om Suid-Afrika en die wêreld 'n beter plek te maak vir almal" het hy gesê.
Makeba se humanitêre werk het vir haar baie toekenning gewen, soos byvoorbeeld dat sy as die welwillendheidsambassadeur vir die VN se voedsel- en landbou-organisasie benoem is in 1999.
Sy het ook in dieselfde jaar die Nasionale orde vir Uitsonderlike diens en Prestasies diens ontvang, asook vele ander toekennings.
Motlanthe het die hoop uitgespreek dat haar familie inspirasie daaruit sal put dat daar vele mense was wat na Makeba opgesien het, en met haar werk sal voortgaan.
Boeke vir boodskappe van meegevoel van die publiek sal van Donderdag af oop wees by die Uniegeboue in Pretoria en Tuynhuis in Kaapstad.
