Honderde wag om Zuma te ontmoet

Honderde ANC verkiesingsbeamptes het Donderdag bymekaargekom by die Mayibuye Sentrum in Galeshewe om te wag vir ANC president, Jacob Zuma.

Zuma sal verskeie gemeenskappe rondom Kimberley besoek en toesprake hou. Zuma het Woensdag die Upington gebied besoek.

By die Mayibuye Sentrum het honderde ANC lede met geel T-hemde singend en dansend vir Zuma gewag. Die ANC president sou na verwagting met alliansievennote soos Cosatu, in die Noord-Kaap vergader.

Hy gaan ook 'n besoek bring aan Platfontein, buite Kimberley, die tuiste van die inheemse Khoe- en Kwe-gemeenskappe in die Noord-Kaap.

игрушки купитьлобановский александр жена