Zuma sal verskeie gemeenskappe rondom Kimberley besoek en toesprake hou. Zuma het Woensdag die Upington gebied besoek.
By die Mayibuye Sentrum het honderde ANC lede met geel T-hemde singend en dansend vir Zuma gewag. Die ANC president sou na verwagting met alliansievennote soos Cosatu, in die Noord-Kaap vergader.
Hy gaan ook 'n besoek bring aan Platfontein, buite Kimberley, die tuiste van die inheemse Khoe- en Kwe-gemeenskappe in die Noord-Kaap.
