Hulle het klaarblyklik beweer dat hy die inagneming van 'n dokument van die fakulteit van wetenskap en landbou oor die "toestand van akademiese vryheid by die universiteit" verhoed het. Die professore word aangekla dat hulle nie die nodige versigtigheid aand die dag gelê het toe hulle met die pers gepraat het nie, en dat hulle vertroulike inligting van die senaat vrygestel het.
Verder word hulle ook beskuldig dat hulle oneerlik en/of nalatig was. Sanrf het in 'n verklaring gesê hulle is bekommerd oor die uitwerking van sulke aanklagte op die vryheid van die pers. Nog 'n bekommernis wat hieruit ontstaan, is die toegang tot en verspreiding van inligting in 'n openbare instelling. Die universiteit van KwaZulu-Natal was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.
Sanrf het gesê daar was ander gevalle waar werknemers gestraf is omdat hulle met die media gepraat het oor werksomstandighede. "Een ding wat hieruit kan ontstaan is dat werknemers sal ophou om hul klagtes bekend te maak, wat sal lei tot 'n opdroog van inligtingsbronne, en dat sake wat van openbare belang is dus geheim gehou sal word."
