ANC verwelkom Smuts Ngonyama se bedanking

Die ANC het Donderdag gesê dat hulle mnr. Smuts Ngoyama se bedanking verwelkom.

"Smuts Ngoyama het vandag (Donderdag) sy bedanking uit die ANC ingedien. Die ANC verwelkom sy bedanking sonder enige gevoelens van spyt. Ons wens hom sterkte toe met sy toekomstige aktiwiteite," het die ANC in 'n persverklaring gesê. Vroeër het Ngoyama bevestig dat hy gaan bedank.

"Ek bedank vandag [Donderdag]" het hy gesê. "Ek het met die sekretaris-generaal, mnr. Gwede Mantashe gepraat en hom van my besluit ingelig."

Ngoyama sal later vandag die redes vir sy bedanking by 'n perskonferensie wat deur die Volkskongres van Terror Lekota en Mbhazima Shilowa gereël word, bekendmaak.

монстр хай новые серийлобановский александр жена