Handel in TB-speeksel floreer

Die Daily Sun het Maandag berig dat TB-pasiënte hul speeksel glo verkoop. Gesonde mense gebruik die speeksel van tuberkulose-lyers om vir ’n ongeskiktheidstoelae te kwalifiseer.

Dit is bekend dat TB-pasiënte ophou om hul medikasie te neem sodat hulle vir die staatstoelae in aanmerking kan bly of kan aanhou om speeksel te verkoop. 

Die handel en toelaes verklaar waarskynlik ook die geweldige "infeksiekoers" van TB in Suid-Afrika. 

Die siekes in Khayelitsha in Kaapstad verkwansel hul speeksel teen sowat R100 per botteltjie.

Die botteljie spoeg kan ’n tydelike ongeskiktheidstoelae van R1 010 beteken.

Die TB-pasiënt van wie verslaggewers van die Daily Sun spoegmonsters gekoop het, het gesê hy maak omtrent R500 per maand deur sy liggaamsvloeistof van die hand te sit.

Die departement van gesondheid het gesondheidswerkers landwyd gevra om “uiters waaksaam” te wees nadat die bedrogspul aan die lig gekom het, het Die Burger berig.

софиты дляЛобановский Харьков

Patrick Swayze sterf

Die akteur, Patrick Swayze, het na ‘n tweejaarlange stryd teen pankreaskanker gesterf.

Swayze se openbare beeldhanteerder, Annett Wolf, het gesê die 57-jarige akteur het gister met sy gesin aan sy sy gesterf. Hy het sy siekte verlede jaar openbaar gemaak maar steeds bly werk terwyl hy behandeling ondergaan het.

Swayze het in 1987 ‘n internasionale ster geword vir sy rol in “Dirty Dancing,” ‘n rolprent wat gehandel het oor die volwassewording van ‘n meisie tydens ‘n somerkamp. In 1990 het die rolprent “Ghost” sy sterstatus bevestig.

Swayze het bly werk, selfs nadat hy in Maart verlede jaar dit bekend gemaak het dat hy aan kanker ly. Hy het verskyn in “The Beast,” ‘n dramareeks, en het gesê hy en sy vrou werk aan ‘n memoir. 

дизельный или бензиновыйлобановский александр игоревич харьков

FBI loods anti-terreur operasie in New York

Die Federale Ondersoekburo, die FBI, het huise in die New Yorkse voorstad Queens omgedop tydens ‘n teenterreurondersoek, het VSA polisie gister gesê.

Bronne uit die kongres het bevestig dat wetgewers in Washington ‘n volle voorligting oor die operasie sou ontvang.

“Die operasie was in Queens. Daar was strooptogte in sommige wonings hier,” het Martin Speechlay, ‘n segsman vir die New York polisie gesê.

“Dit was ‘n federale operasie en ons het hulle ondersteun.”

In Washington het ‘n senaatshulpamptenaar gesê dat wetgewers oor die strooptog ingelig word.

Die Amerikaanse publiek is nog onseker of nuutgekose president, Barack Obama, in staat sal wees om die land veilig te hou teen terroristeaanvalle. 

план освещения в ландшафтном дизайнеАлександр Фильчаков Васильевич

VSA-troepe voer strooptog op dorpie in Somali? uit

Buitelandse soldate in helikopters het gister ‘n motor bestook in ‘n Somaliese dorpie wat deur Islamitiese insurgente beheer is en het twee mans gedood en twee ander gewond en gevange geneem, sê getuies. Amerikaanse miliêre beamptes sê VSA-magte was in die aanval betrokke.

Die kommandostyl aanval het in ‘n dorpie naby Barawe plaasgevind te midde van vrese dat al-Kaida besig is om ‘n vastrapplek in die wettelose land te kry.

Twee Amerikaanse militêre amptenare sê magte van die Amerikaanse Gesamentlike Spesiale Operasies Kommandement was betrokke. Die amptenare het geen besonderhede oor die aanval of die teiken daarvan verskaf nie, en hulle het slegs gepraat op voorwaarde van anonimiteit omdat die operasie ‘n geheim was.

‘n Hoeveelheid deskundiges vrees dat Somalië besig is om ‘n vesting vir al-Kaida te word, ‘n plek waar terroriste opgelei word en magte kan opbou. Die VN-ondersteunde regering, onderskraag deur vredesmagte van die Afrika-Unie, het slegs ‘n paar blokke van ‘n Mogadisjoe, die oorloggeteisterde hoofstad onder beheer. 

joc poolАлександр Фильчаков

Zimbabwiese hof gooi saak teen MDC-lid uit

‘n Zimbabwiese hof het gister ‘n saak teen ‘n wetgewer van die eerste minister, Morgan Tsvangirai, uit die hof gegooi. Die party het aangevoer dat die saak aanmekaargeflans is en laat vaar moet word.

Edmore Marima, ‘n wetgewer uit Bikita Oos, is vrygespreek van ‘n bedrogklag nadat ‘n landdros in Harare gesê het geen oortreding is begaan nie, sê die MDC in ‘n verklaring.

“Marima het die derde MDC LP in die afgelope maand geword om vrygespreek te word van ‘n aanmekaargeflanste klag waarmee die ZANU PF probeer om die party se meerderheid in die Parlement weg te kalwe,” sê die party.

Die wetgewer is daarvan aangekla dat hy ‘n plaasbeleggingskema vir lede van die Parlement verlede jaar uitgebuit het, maar die landdros het aan die hof gesê dat die inligting van MDC-wetgewers weerhou is “om hulle in ‘n lokval te betrap.”

Hierdie is die nuutste in ‘n reeks skermutselings tussen die twee partye wat in Februarie in ‘n eenheidsregering saamgesnoer is. 

как играть тенниспрокурор харьковской области

Telkombaas verdien R1-miljoen per maand

Image

Reuben September… het rede om tevrede te lyk

Reuben September is besig om 'n eens moderne telekommunikasiereus tot Derde Wêreld-status te reduseer. Daarvoor betaal ek en jy vir hom 'n prestasiebonus van R150 000 per maand.

Volgens 'n pas vrygestelde jaarverslag, het Telkom se uitvoerende hoof, Reuben September, niks minder as R12 827 648 aan vergoeding vir die jaar tot op 31 Maart ontvang nie. Dit sluit 'n basiese vergoeding van R3 555 800, 'n prestasiebonus van R1 841 396 en "by- en ander voordele" van R7 430 452 in.

Die hooffinansiëlebeampte, Peter Nelson, het vir vier maande se werk R1 841 568 ontvang. Hy het eers in Desember 2008 by Telkom aangesluit, wat beteken dat hy R460 392 per maand betaal is.

Telkom se voorsitter, Shirley Lue Arnold, het net meer as 'n miljoen rand ontvang vir vier kwartaalvergaderings en 11 spesiale raadsittings. Dit werk op ongeveer R67 000 per vergadering uit.

Telkom het die afgelope vyftien jaar, nieteenstaande 'n monopolie vir meeste van dié tyd, verval tot 'n sukkelende maatskappy met uitgediende toerusting wat peperduur tariewe vir skandalige diens hef.

регулятор давлениялобановский александр биография

Malawi?r ontvoer verkeersbeampte

‘n Malawiese motoris is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n verkeersbeampte gegryp en in sy motor se kattebak gestop het, het polisie in die Oos-Kaap gesê. 

Volgens supt. Mzukisi Fatyela, was die beampte Sondag op diens in Mthatha toe die woedende man stilgehou het. 

“Hy het eenvoudig net die beampte gegryp en in die kattebak toegesluit. Dis mos nie normaal nie. Die verdagte het ‘n verkeersbeampte ontvoer,” het Fatyela gesê. 

Ooggetuies het die polisie ontbied en die Malawiër is later van die pad getrek en in hegtenis geneem. 

Hy sal binnekort in Mthatha in die landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering en aanranding.

в екатеринбургеtopcargo

Die w?reld se oudstes

Image

Meer as 40 000 Japannese is 'n 100 jaar of ouer, en dis 10% meer as verlede jaar, het 'n verslag van die regering uitgewys. Die verslag is die jongste in 'n reeks wat die ekonomiese probleme waarmee die land te kampe het, weergee.

Japan is die wêreld se bevolking wat die vinnigste besig is om oud te reek.

Van die 40 399 burgers in hulle honderds, is 87 vroue, het die ministerie van gesondheid verklaar.

Die gemiddelde ouderdom van Japan se inwoners is die nuwe eerste minister Yukio Hatoyama en sy Demokratiese party wat verlede maand met 'n wegholoorwinning die leisels oorgeneem het, se grootste uitdaging.

Tans onderhou drie werkende Japannese een oumens, maar oor vyftig jaar gaan die verhouding een tot een wees.

Hatoyama het belowe dat sy administrasie die pensioenskema sal standariseer tot 'n minimumbedrag van 70 000 yen ($765) per maand vir laeinkomstegroepe.

Japanners het die langste lewensverwagting ter wêreld en kenners sê dit is 'n gesonde dieet, goeie gesondheidsorg en 'n tradisie van aktiewe pensioenarisse.

Die verslag is uitgereik kort voor die nasionale vakansiedag, Respek vir die bejaardes, op 21 September.

мультик про роботов трансформеровДанильченко Юрий отзывы

Swart meisie vertrap by rietdans

Image

Die tradisionele rietdans

’n Swart meisie, 14, is dood en talle beseer gedurende ’n stormloop die naweek by die jaarlikse rietdansfees by koning Zwelithini se paleis in Enyokeni in die noorde van KwaZulu-Natal.

Volgens die polisie is agt ander beseer en na ’n hospitaal in Nongoma geneem. Dit was teen druktyd nie bekend wat hul toestand is nie. 

Dir. Phindile Radebe, polisiewoordvoerder, kon ook nie gister sê wie die oorledene is of van waar sy is nie.

Die nuuskanaal e.tv News het berig die stormloop het begin toe gratis pette aan die swart meisies uitgedeel is. 

агрегаты сварочные передвижные с дизельным двигателемОлександр Фільчаков прокурор

EU-hulp aan Zim vloei steeds

Hulpkommissaris van die Europese Unie, Karel De Gucht, het gesê die EU sal vanjaar hulp van €90 miljoen aan Zimbabwe gee.

"Die Europese Unie het nog nooit opgehou om Zimbabwe te help nie," het die hulpkommissaris gesê aan die einde van sy tweedaagse besoek aan die land. Dit is die eerste besoek in sewe jaar waar die EU-blok samesprekinge met Mugabe se regering gehou het.

Die Sweedse minister van ontwikkeling, Gunilla Carlsson, wie se land die roterende EU-presidentskap hou, het gesê daar is nog steeds menseregteskendings in Zimbabwe.

"Die EU het 'n duidelike riglyn dat die sleutel tot die land se terugkeer die volle implementering van die globale politieke ooreenkoms is," het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat die magsdelingsooreenkoms en die regering van nasionale eenheid 'n "belangrike stap in die rigting van normalisering van die situasie in Zimbabwe is".

Die besoek van die EU-afvaardiging kom op 'n tydstip waar streeksleiers vra dat die sanksies teen president Robert Mugabe en sy bondgenote opgehef word.

Die sanksiese behels ondermeer bevriesde bates en 'n reisverbod  op Mugabe en sy helpers.

Die EU het egter aangedring op verdere hervormings soos waarborge vir politieke en mediavryheid.

Suid-Afrika, swaargewig in die streek, het Vrydag die EU-afvaardiging ontmoet om aan te dring daarop dat sanksies laat vaar word sodat die ooreenkoms tussen Mugabe en Tsvangirai wat in Februarie onderteken is, kan voortgaan.

Die EU het sedert 2002 sowat €600 miljoen se humanitêre hulp aan Zimbabwe verleen.

Акваэлиталександр лобановский харьков класс

Chuene wil terug na IAAF

Leonard Chuene, die president van Atletiek Suid-Afrika, ASA, gaan terugkeer na die internasionale atletiekliggaam se raad om te veg vir ‘n atleet wie se geslag in twyfel getrek word.

ASA het Sondag aangekondig dat sy president gaan terugkeer na die IAAF se raad.

Chuene het gesê dat sy besluit om die raad te verlaat 'n “emosionele” een was.

Die IAAF het daarop aangedring dat geslagstoetse op die 800m wêreldkampioen Caster Semenya gedoen moet word.

Hulle weier om mediaberigte dat Semenya beide manlike en vroulike geslagsdele het te bevestig of te ontken.

Volgens die IAAF is hulle nog besig om die uitslae na te gaan en hulle sal in November ‘n finale besluit neem oor of Semenya nog aan vrouebyeenkomste sal mag deelneem.

my little pony игрушкаФильчаков

Departement gaan ‘dom’ matriek-beleidsvoorstelle terugtrek

Die Burger berig dat Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, haar kantoor opdrag gegee het om dadelik met die regsproses te begin om 'n beleidsvoorstel wat matriek volgens kenners "verdom", terug te trek.

Die voorstelle om die nasionale seniorsertifikaat se slaagvereistes makliker te maak, is op 26 Augustus in die Staatskoerant afgekondig sonder dat die minsiter daarvan geweet het.

’n Kennisgewing om die afkondiging terug te trek, sal binne twee weke in die Staatskoerant gepubliseer word.

'n Woordvoerder het gesê die minister het nie van die voorstel geweet nie en sy was onder die indruk dit nog deel van ’n interne proses was.

Hy het gesê dis ’n reusagtige misverstand en skole en beamptes bel onophoudelik want almal is verward en histeries.

'n Berig op die Sunday Times se voorblad dié naweek oor die voorgestelde wysigings het die kwessie op die spits gedryf.

Daar is reeds vrae oor die huidige standaard van die nasionale seniorsertifikaat-eksamen.

Die National Benchmark Tests het onlangs getoon dat die standaard van die twee wiskundevraestelle wat matrieks tydens verlede jaar afgelê het, reeds onder verdenking is.

ведущий детектор лжиАлександр Фильчаков Васильевич

SA dreig met ‘derde w?reldoorlog’ oor Semenya

Suid-Afrika se voorlopige vroue 800m wêreldkampioen Caster Semenya het onttrek uit 'n wedren waaraan die atleet Saterdag moes deelneem.

Volgens haar afrigter, Michael Seme, "voel sy nie lekker nie". 

Suid-Afrika het die internasionale mediaberigte oor die 18-jarige se tweeslagtigheid as 'n miskenning van die tiener se privaatheid veroordeel en het met 'n "derde wêreldoorlog" gedreig as die atleet gediskwalifiseer sou word. 

Makhenkesi Stofile, minister van sport en ontspanning, het Vrydag op ’n mediakonferensie in Pretoria met oorlog gedreig en gesê Semenya se menseregte word geskend.

Stofile het gesê hy het met “skok en afsku” kennis geneem van berigte in Australiese koerante waarin beweer is Semenya is hermafrodities.

Die ANC het ’n internasionale regsfirma opdrag gegee om Semenya se saak te veg.

Nadat Semenya verlede maand in Berlyn lag-lag 'n goue medalje losgehardloop het, het haar manlike liggaamsbou vrae oor haar geslag laat ontstaan. Geslagstoetse het getoon dat haar testosteroonvlakke veel hoër is as wat vroue normaalweg toon.

Atletiek Suid-Afrika (ASA) het vóór Caster Semenya se vertrek na die Wêreld-atletiekbyeenkoms in Duitsland reeds geweet dat sy ’n mediese toestand het wat haar prestasie in die gedrang sou kon bring, het Beeld berig.

Die tweeslagtige atleet het in opdrag van ’n ASA-beampte op 7 Augustus in die Medforum-hospitaal in Pretoria glo reeds ’n geslagstoets ondergaan.

Volgens Beeld het dr. Harold Adams, ASA se spandokter wat glo teenwoordig was toe die toets in Pretoria gedoen is, kort voor die Wêreldbyeenkoms in Berlyn aanbeveel dat Leonard Chuene, president van ASA, Semenya liewer aan die byeenkoms onttrek.

ASA ontken dat so ’n toets gedoen is.

Semenya het intussen al haar verpligtinge en onderhoude gekanselleer en ontvang glo traumaberading. 

медицинская справка 086уФільчаков Олександр Васильович

Departement kondig verdomming van matriek aan

In seker die mees frappante erkenning dat swart leerders nie intellektueel die mas opkom nie en nie oor die vermoë beskik om op gelyke voet met hulle wit eweknieë mee te ding nie, het die departement vir basiese onderwys 'n plan bekend gestel om matriek makliker te maak.

Die aankondiging het groot woede in akademiese kringe ontlok.

Die Sunday Times berig dié departement stel voor dat die vereiste om 'n onderskeiding te verkry, van 80% na 70% verlaag moet word.

'n Klousule wat onlangs in die regering se Gazette gepubliseer is, stel ook voor dat 'n algehele onderskeiding vervolgens toegeken sal word vir 80% in slegs drie vakke behaal en minstens 60% in drie ander vakke.

'n Skoolhoof het dit as die "verdomming" van matriek beskryf.

Die voorstel kom 'n maand nadat die liggaam wat tersiêre instellings verteenwoordig, Hoër Onderwys Suid-Afrika, gesê het eerstejaars kan skaars lees, skryf of somme doen.

Hoe die departement se nuwe reëls bestaande probleme in geletterdheid en gesyferdheid sal oplos, is nie seker nie. Dit kan die reeds benarde situasie slegs vererger.

Die minister gemoeid met basiese onderwys, Angie Motshekga, sê sy is "onseker" oor die beweegredes vir haar departement se plan.

Sy het selfs aan die Sunday Times erken dat die gedagte "heel vreemd" is. Kennelik het die minister geen behul van wat in haar departement aangaan nie en sy is in geen besluit geken nie.

Die Gazette, van 26 August 2009, gee die buitelyne vir die beleid en regulasies vir nuwe seniorsertifikaateksamens en ook besonderhede oor die merieteslaagsyfers.

Die slaagvereistes is deur die bank verlaag en daar word voorgestel dat enige kandidaat 2% mag bykry indien nodig om te kan slaag. Die minimumslaagvereiste vir matriek is 40% in drie vakke en 30% in drie ander en die 2% sal by enige vak bygevoeg kan word om die leerder te laat deurkom.

Die departement hou vol dat hulle nie standaarde wil verlaag nie en sê sekere belangegroepe voel die stap sal "leerders motiveer".

Eugene Rabie, hoofbestuurder van Umalusi, die liggaam wat Graad 12-eksamens monitor, sê onder die nuwe stelsel tel elke vak afsonderlik waar 'n onderskeiding voorheen op 'n gemiddeld van 80% gegrond was.

Die besluit sal die toekenning van beurse vergemaklik.

free games.co.ukАлександр Фильчаков