Chuene wil terug na IAAF

Leonard Chuene, die president van Atletiek Suid-Afrika, ASA, gaan terugkeer na die internasionale atletiekliggaam se raad om te veg vir ‘n atleet wie se geslag in twyfel getrek word.

ASA het Sondag aangekondig dat sy president gaan terugkeer na die IAAF se raad.

Chuene het gesê dat sy besluit om die raad te verlaat 'n “emosionele” een was.

Die IAAF het daarop aangedring dat geslagstoetse op die 800m wêreldkampioen Caster Semenya gedoen moet word.

Hulle weier om mediaberigte dat Semenya beide manlike en vroulike geslagsdele het te bevestig of te ontken.

Volgens die IAAF is hulle nog besig om die uitslae na te gaan en hulle sal in November ‘n finale besluit neem oor of Semenya nog aan vrouebyeenkomste sal mag deelneem.

my little pony игрушкаФильчаков