‘n Zimbabwiese hof het gister ‘n saak teen ‘n wetgewer van die eerste minister, Morgan Tsvangirai, uit die hof gegooi. Die party het aangevoer dat die saak aanmekaargeflans is en laat vaar moet word.
Edmore Marima, ‘n wetgewer uit Bikita Oos, is vrygespreek van ‘n bedrogklag nadat ‘n landdros in Harare gesê het geen oortreding is begaan nie, sê die MDC in ‘n verklaring.
“Marima het die derde MDC LP in die afgelope maand geword om vrygespreek te word van ‘n aanmekaargeflanste klag waarmee die ZANU PF probeer om die party se meerderheid in die Parlement weg te kalwe,” sê die party.
Die wetgewer is daarvan aangekla dat hy ‘n plaasbeleggingskema vir lede van die Parlement verlede jaar uitgebuit het, maar die landdros het aan die hof gesê dat die inligting van MDC-wetgewers weerhou is “om hulle in ‘n lokval te betrap.”
Hierdie is die nuutste in ‘n reeks skermutselings tussen die twee partye wat in Februarie in ‘n eenheidsregering saamgesnoer is.
