VSA-troepe voer strooptog op dorpie in Somali? uit

Buitelandse soldate in helikopters het gister ‘n motor bestook in ‘n Somaliese dorpie wat deur Islamitiese insurgente beheer is en het twee mans gedood en twee ander gewond en gevange geneem, sê getuies. Amerikaanse miliêre beamptes sê VSA-magte was in die aanval betrokke.

Die kommandostyl aanval het in ‘n dorpie naby Barawe plaasgevind te midde van vrese dat al-Kaida besig is om ‘n vastrapplek in die wettelose land te kry.

Twee Amerikaanse militêre amptenare sê magte van die Amerikaanse Gesamentlike Spesiale Operasies Kommandement was betrokke. Die amptenare het geen besonderhede oor die aanval of die teiken daarvan verskaf nie, en hulle het slegs gepraat op voorwaarde van anonimiteit omdat die operasie ‘n geheim was.

‘n Hoeveelheid deskundiges vrees dat Somalië besig is om ‘n vesting vir al-Kaida te word, ‘n plek waar terroriste opgelei word en magte kan opbou. Die VN-ondersteunde regering, onderskraag deur vredesmagte van die Afrika-Unie, het slegs ‘n paar blokke van ‘n Mogadisjoe, die oorloggeteisterde hoofstad onder beheer. 

joc poolАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae