Die Federale Ondersoekburo, die FBI, het huise in die New Yorkse voorstad Queens omgedop tydens ‘n teenterreurondersoek, het VSA polisie gister gesê.
Bronne uit die kongres het bevestig dat wetgewers in Washington ‘n volle voorligting oor die operasie sou ontvang.
“Die operasie was in Queens. Daar was strooptogte in sommige wonings hier,” het Martin Speechlay, ‘n segsman vir die New York polisie gesê.
“Dit was ‘n federale operasie en ons het hulle ondersteun.”
In Washington het ‘n senaatshulpamptenaar gesê dat wetgewers oor die strooptog ingelig word.
Die Amerikaanse publiek is nog onseker of nuutgekose president, Barack Obama, in staat sal wees om die land veilig te hou teen terroristeaanvalle.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.