{jathumbnail off} детские игрушки куклыАлександр Фильчаков прокурор
Boere se belangrike rol
“Dit is onbillik om van Suid-Afrikaanse kommersiële boere te verwag om meer werksgeleenthede te skep en so met landelike ontwikkeling te help as hulle geen sekerheid oor hulle toekoms het nie,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye in die Parlementêre debat oor president Zuma se staatsrede gesê. Landelike
Pieter Mulder se toespraak
“Misdaad en die feit dat Suid-Afrikaners nie meer veilig in hulle eie huise voel nie, is een van die ernstigste probleme in die land. As die president dan slegs enkele sinne in sy toespraak aan misdaad wy, beteken dit dat misdaad nie ’n prioriteit van die regering is nie,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier
Treine bots in België
Twee passasierstreine het Maandag in die Belgiese stad van Halle, suid van Brussel, gebots. Verskeie mense is beseer en heelwat ander is nog in die waens vasgekeer, het die polisie gesê. Die twee treine het kop-aan-kop teenmekaar gebots, een kilometer vanaf Halle-treinstasie. Daar is nog nie vasgestel hoeveel mense in die ongeluk beseer is nie.
Obama se beeld geskuif
Owerhede het ‘n standbeeld van Barack Obama in Indonesië se hoofstad verwyder, en dit Maandag na ‘n nabygeleë laerskool geskuif, wat die Amerikaanse president as ‘n kind bygewoon het. Die brons standbeeld, wat deur ‘n kinderfoto van Obama geïnspireer is, waar hy op tienjarige ouderdom met ‘n kortbroek en ‘n skoenlapper op sy uitgesteekte duim
Zille sê nasionalisering geniet nie steun
Helen Zille, DA-leier, het tydens ’n mediakonferensie by die parlement teen die nasionalisering van die myne gewaarsku. Volgens haar is nasionalisering van die myne nie ‘n kwessie wat enige steun in die kabinet geniet nie. Sy het ook gesê dit kan Suid-Afrika 10 jaar terugsit. “Ons het uit die semi-staatsinstellings geleer dat dit nie baie
Afriforum en die stryd
Mag ek toegelaat word om aan Willem Reitzma ‘n antwoord te gee. Solidariteit en Afriforum werk vir die Boere en die Afrikaner wat onder die haak van die vervloekte ANC uit wil kom. Hulle het darem vir Crawford von Abo se regte opgestaan en vir Pretoria se naam en teen Nestlé, ens. As ons as
Business Express onder klippe gesteek
“Die feit dat die Business Express tussen Pretoria en Johannesburg vanoggend met klippe bestook is, plaas die veiligheid van passasiers op die trein onder verdenking,” sê mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW vir Gauteng. Volgens me. Christel Liebenberg, kantoorbestuurder van die VF Plus in die Gauteng Wetgewer, was sy ‘n passasier op die trein wat vanoggend
‘Sokkersentrum in Braamfontein beslis geroof’
Nadat PRAAG Vrydag ‘n berig geplaas het oor die YMCA in Braamfontein wat deur ‘n groep van ongeveer 25 gewapende mans beroof is, het FIFA, die internasionale sokkerfederasie ontken dat dié rooftog hoegenaamd met die Wêreldsokkerbeker verband hou. Ook die dagblad Beeld het dit as ‘n “internetgerug” afgemaak wat boonop “vals” is. PRAAG het intussen
Terroriste Doer Onder sit lank
Vyf radikale Moslems – vier van Libanese herkoms en een van Bangladesj, het tronkstraf van tussen 23 en 28 jaar op die lyf geloop. Die vyf het terreurplanne gesmee uit protes teen Australië se deelname aan die oorloë in Irak en Afganistan. Hulle is reeds in Oktober verlede jaar skuldig bevind. Hulle is met vuurwapens