Sokkereindstryd ‘n muishondparade

“‘n Muishondparade. Dit is moeilik om ‘n ander indruk te vorm teen die agtergrond van sommige van die staats- en regeringshoofde wat genooi is om die eindstryd van die sokkerbertoernooi by te woon.” Die leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP), ds. Theunis Botha, het gereageer op die nuus dat pres. Robert Mugabe en die koning

Lees verder: Sokkereindstryd ‘n muishondparade

Weer praatjies oor mediatribunaal

Gedagtes oor ‘n mediatribunaal wat vanuit ANC-geledere geopper word, is nie nuut nie. Die jongste uitsprake het egter ‘n krapperigheid by wat nie geïgnoreer kan word nie. Ten eerste kom dit van ‘n sterk man in die ANC, sy sekretaris-generaal, Gwede Mantashe. Dit kom verder kort na dit bekend geword het dat mense met noue

Lees verder: Weer praatjies oor mediatribunaal

Die Stem roep!

“Die Afrikaner-hart is seer en moeg, maar trou nog!” – Jan F.E. Celliers Hierdie woorde was amper ‘n eeu gelede geuiter deur ‘n kampvegter vir die Afrikanervolk en ons taal. Gesien in  die konteks van die huidige omstandighede waarin moderne Afrikaners vandag verkeer, dien Celliers se woorde as ‘n inspirasie vir my as jong Afrikaner:

Lees verder: Die Stem roep!

Geskenke uit Spanje vir Oranje?

Suid-Afrikaanse kinders word vertel Kersvader bring kersgeskenke van die Noordpool af. Nederlandse kinders glo Sinterklaas kom van Spanje af… Nou speel Oranje in die eindstryd teen Spanje, en Nederland sal ‘n behoorlike Piet Hein uit die hoed moet pluk om die span met kwiksilwer voetwerk te sink. Spanje het Duitsland wat sonder sy voorste angels

Lees verder: Geskenke uit Spanje vir Oranje?

Nederland se goue era

In Nederland is die kleur van goud oranje. Byna letterlik, as ‘n hoogleraar se stellings waar sou wees. Dié Hoogleraar, José Bloemer van die Radboud Universiteit in Nijmegen, meen die Nederlandse ekonomie kan ‘n bykomende hupstoot van ‘n half persent kry as Nederland die sokker-wêreldbeker omhoog sou hou. Hy baseer sy mening op die aanname

Lees verder: Nederland se goue era

Kenia wys hoe om dinge nie te doen nie

Enkele jare gelede is die skikking na ‘n gekookte presidentsverkiesing in Kenia as model voorgehou, en is dié model in ‘n afgewaterde vorm in Zimbabwe toegepas. Pas het verskeie Afrikalande dikbek gereageer oor die toe beursies van die G-20, maar veral die G-8, of Kenia se parlement gaan keur ‘n salarisverhoging van 40 % aan

Lees verder: Kenia wys hoe om dinge nie te doen nie

Eksodus uit die land vanweë xenofobie-gerugte

Die situasie van vreemde burgers op die N1 naby die Paarl is “heeltemal” anders as dié van mense wat deur die xenofobiese geweld in 2008 verdryf is, het die hoof van rampbestuur in die Wes-Kaap gister gesê. In 2008 was daar werklike geweld en dreigemente, en die staat het ‘n duidelike verantwoordelikheid gehad om te

Lees verder: Eksodus uit die land vanweë xenofobie-gerugte

Kaap weer Hollands

Die Kaap is weer Hollands, en nou rus die taak op die Duitsers om hul lywe Piet Hein te hou en die gedugte Spaanse Silwerfloot te kelder om ‘n stamland-eindstryd te verseker. Oranje het hul kleure voor die kroonprins Willem-Alexander en prinses Maxime getoon, en hul vinnigste wedstryd van die toernooi gespeel. Maar Uruguay het

Lees verder: Kaap weer Hollands

Toernooi-afname in misdaad

Volgens die Vrystaatse polisie was daar gedurende die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Bloemfontein minder misdaad, en die stelling word selfs gemaak van geen ernstige misdaad nie. Uit mediaberigte is dieselfde indruk gelaat, hoewel die sektorpolisiërings-nuusbriewe nie werklik op ‘n afname dui nie. Na die Konfed het dit byvoorbeeld uit buitelandse bronne en latere onthullings geblyk dat die

Lees verder: Toernooi-afname in misdaad

Na ‘n eeu – waar is die volksdigters?

‘n Eeu gelede het ‘n belangrike wet op die wetboek beland wat die status van Afrikaans sou verskans. Artikel 137 van die Zuid-Afrikawet het vir gelyke beregtiging van Engels en Nederlands voorsiening maak. Hoewel Afrikaans eers, wat die wetboek betref, moes trustaan, was daar reeds in die aanloop van die Uniewording verskeie belangrike gebeure om

Lees verder: Na ‘n eeu – waar is die volksdigters?