Mugabe, Mswati by WB-eindstryd

Nagenoeg 14 presidente uit Afrika, ‘n koning, koningin en ‘n prins sal na verwagting Sondag se Wêreldbeker-finaal tussen Spanje en Nederland bywoon, het Fifa Saterdag in ‘n verklaring gesê.  Die gastelys sal koningin Sofia van Spanje en die uittredende eerste minister van Nederland, Jan Peter Balkenende, insluit wat die twee boonste spanne kom ondersteun. Robert

Lees verder: Mugabe, Mswati by WB-eindstryd

Deutschland Jawohl, Uruguay Eisj

Gietende reën en ‘n sopnat veld in Port Elisabeth was waarskynlik die vernaamste rede hoekom Duitsland en Uruguay nie die tipiese vrye spel gelewer het wat tradisioneel in die uitspeelwedstryd uitgestal word om die wêreldbeker se derde en vierde plekke te bepaal nie. Maar dan was daar ook die Duitsers se vasbeslotenheid om met ‘n

Lees verder: Deutschland Jawohl, Uruguay Eisj

Johan van der Merwe heropen die verlede

In Trou tot die dood toe – die Suid-Afrikaanse Polisiemag, heropen die laaste polisiekommissaris onder die ou bedeling, Johan van der Merwe, die verlede. Nie net verklap hy al die polisie se geheime rondom die stryd teen ANC-aktiviste en -terreur nie, maar hy gee ook ‘n boeiende insig in die optrede van P.W. Botha, Adriaan

Lees verder: Johan van der Merwe heropen die verlede

ET-moordverdagte verskyn vlugtig

Die 15-jarige verdagte wat van die moord op Eugene Terre’Blanche aangekla word, het dié week in die landdroshof op Ventersdorp verskyn, het die nasionale vervolgingsgesag gesê.  “Daar is niks belangriks in die hof gesê nie. Die seun was net in die hof vir sy 30-dae opvolg en die landdros het bevind dat sy toestand bevredigend

Lees verder: ET-moordverdagte verskyn vlugtig

Rowers vermom as polisielede beroof huis

Vier mans is in hegtenis geneem nadat hulle hulself as polisiebeamptes voorgedoen het om toegang tot ‘n huis in Vanderbijlpark te verkry, het die polisie Donderdag in Gauteng gesê.  Volgens kapt. Noxolo Kweza, polisiewoordvoerder, was die vier mans deel van ‘n groep van tien verdagtes wat ‘n man van Vanderbijlpark Maandag in sy huis beroof

Lees verder: Rowers vermom as polisielede beroof huis

Ander sy van afname in misdaad

Ongeveer ‘n week na die polisie in Bloemfontein aanspraak gemaak het daarop dat misdaad vir die duur van die wêreldbeker-sokkertoernooi skerp gedaal het, is soortgelyke aansprake vir Johannesburg en Pretoria gemaak. Die interessante is dat dit nou ‘n veiligheidsmaatskappy is wat hierdie jongste aansprake maak. Misdaad is veiligheidsmaatskappye se brood en botter. In elke geval

Lees verder: Ander sy van afname in misdaad

Misdaad neem merkbaar af tydens WB

Die besturende direkteur van die veiligheidsmaatskappy ADT in Pretoria, Clive Humphrey, het Donderdag gesê geweldsmisdaad in Pretoria het oral afgeneem. Dié verskynsel is ook waarneembaar in Johannesburg. In sommige gevalle het misdaad met soveel as 70% afgeneem, berig Beeld. Humphrey sê die suide van Pretoria en Centurion is merkbaar veiliger. Die polisie het egter nog

Lees verder: Misdaad neem merkbaar af tydens WB

Sorgelose aftrede op 55? Dink weer

IN dieselfde week as wat die nuwe Britse regering aangekondig het dat die amptelike aftree-ouderdom tot 66 verhoog word en later tot 70, was daar verskeie  plaaslike artikels oor hoe om op 60 en selfs 55 “sorgeloos” af te tree. Eers was daar die hoofekonoom van Old Mutual se Rian le Roux wat op fin24

Lees verder: Sorgelose aftrede op 55? Dink weer

Chaos by Durban-lughawe ‘het vele oorsake’

Die lughawemaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) het gister allerlei redes aangebied vir die chaos by die Koning Tsjaka-lughawe wat veroorsaak het dat honderde sokkergeesdriftiges die halfeindrondte van die wêreldsokkerbeker in Durban misgeloop het. ‘n Rekenaarstelsel, die weer en privaatstralers wat die parkeerruimtes beset het, is onder andere daarvoor geblameer. Die sentrale lugruimbeheereenheid, wat die beweging van

Lees verder: Chaos by Durban-lughawe ‘het vele oorsake’