praag.co.za

Johan van der Merwe heropen die verlede

Written by

in

In Trou tot die dood toe – die Suid-Afrikaanse Polisiemag, heropen die laaste polisiekommissaris onder die ou bedeling, Johan van der Merwe, die verlede. Nie net verklap hy al die polisie se geheime rondom die stryd teen ANC-aktiviste en -terreur nie, maar hy gee ook ‘n boeiende insig in die optrede van P.W. Botha, Adriaan Vlok, F.W. de Klerk, Pik Botha en ander politici van destyds.

Hierdie boek van 432 bladsye het reeds by verskyning ‘n herrie ontketen onder diegene wat die ANC se weergawe van die geskiedenis tydens die sewentiger- en tagtigerjare as die evangelie aanvaar. Omdat hy geen politieke meester meer dien nie, bied Van der Merwe die feite koud en klinies aan sodat ‘n stuk onlangse Suid-Afrikaanse geskiedenis skielik ideologies naak gestroop voor ons te voorskyn kom, byna soos ‘n ou skildery wat vir die eerste keer skoongemaak word.

Die Waarheids- en versoeningskommissie word aan die kaak gestel as ‘n wesentlik bevooroordeelde liggaam wat sy mes vir die polisie in gehad het, maar ANC-aansoeke om amnestie met ‘n gewillige rubberstempel gehanteer het. In ‘n nostalgiese aanloop tot sy uiteindelike vername rol as hoof van die veiligheidstak en latere kommissaris, asook lid van die staatsveiligheidsraad, skilder Van der Merwe ‘n prentjie van ‘n eens gedissiplineerde polisiemag waarin elkeen trots was om te dien.

Die boek wemel van staaltjies en anekdotes wat die gebeure vir die leser werklik maak. Ook die verhaal van Vlakplaas en kol. Eugene de Kock word uitvoerig in die boek behandel sodat die leser met behulp van die ware feite sy eie oordeel oor die gebeure rondom dié stuk omstrede geskiedenis kan vel.

Bestel op die produkbladsy.

купить детскую шапочку для новорожденноголобановский александр дочь

Comments

21 responses to “Johan van der Merwe heropen die verlede”

  1. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Ek het nog nie Genl. vd Merwe se boek gelees nie en kan dus miskien nie oordeel nie. Op die oog af wil dit my egter voorkom asof Genl. vd Merwe oor elkeen se rol in die aanloop tot die oorgawe kommentaar lewer behalwe oor sy eie. Persoonlik is ek veral geëinteresseerd in Genl.vd Merwe se eie rol en dié van die ander groot generaals in hierdie vernietigende debakel.

    1. david ras Avatar
      david ras

      Lees maar eers die boek, dit is baie insiggewend. Neem veral kennis van die samestelling van die WVK soos dit in die boek aangegee word
      Daar is presies een Afrikaner in en een verloopte Afrikaner daarin, die res –15 van hulle- was giftig anti-Afrikaners.
      Voeg o.a. ook hierby die inhoud van die “onderhandelde grondwet”=(200/1993) en veral daarin art 8(3)a, wat alle “regstellende en BEE ” stappe wettig, en mens wonder of FW de Klerk by sy volle positiewe was ?
      Ander gestel–was daar werklik NIEMAND binne die NP wat die gevare en wanbalanse kon raaksien en daarteen opgestaan het nie ?

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Nee David daar was nie en sou daar gewees het dan was hulle vrees
        vir die gevolge hulle priotiteit. Die ander was sonder gewete – hulle het gewete verkoop vir 20 Sikkels Silver.

        1. david ras Avatar
          david ras

          Dankie vir jou kommentaar Riempies ! ‘n Bietjie van hierdie onderwerp af,maar tog relevant : in sy boek “PW Botha -the last betrayal” gepubliseer in 1989, skryf Eschel Rhoodie :”one can safely predict that in a post-apartheid society, under a black majority government the same set of laws and rules will crop up in SA as in the USA to provide a quota system, affirmative action, whatever it may be called. At the heart of these laws and regulations will be the objective to provide Blacks with compensation for past discrimination………reverse discrimination will be in place. WHITES WILL NOW BE THE VICTIMS”
          Nou, as iemand van die statuur van Rhoodie die gevaar in 1989 kon voorsien,–3 jaar voor de Klerk se sg referendum, hoe de H….. is dit moontlik dat geen nasionalis dit kon raaksien nie ?
          In Rapport van 3 Julie 1994–enkele weke na die groot verkiesing van 27 April 1994—skryf die redakteur dr. Izak de Villiers ‘n lang kommentaar waarin hy ernstig waarsku teen die gevolge van regstellende aksie. Maar toe was dit reeds op die wetboeke, dus was sy beswaar mostert na die maal !
          Vreemd genoeg, was daar geen vooraf kommentaar hieroor in die NASPERS koerante nie, des te meer omdat dit byna standard prosedure van die regering was om die hoof redakteurs van die Afrikaanse koerante in te lig oor komende wetgewing, vir ‘n dosis beeldpoetsery.
          Dit alles bring mens by die gevolgtrekking–
          Tussen die NP en Naspers was daar ‘n hengse gekonkel om die waarheid van die kiesers af weg te hou.
          Feit van die saak is: die dag toe die ou SA parlement gestem het vir Wet 200 van 1993, waarin die weg gebaan word vir die daarstelling van Regstellende aksie en alles wat daarmee saamloop, stap die 46 Kp’s uit, en 101NP’s em 34 DP’s stem daarvoor
          Ek het verskeie minsters al in gepubliseerde koerantskrywes uitgedaag om te bewys dat hulle oor ‘n mandaat beskik het om wet 200 van 1993 deur te voer, maar al wat ek tot dusver gekry het was dieselfde “oorverdowende stilte” as wat die wereld destyds aan gely het na die Viscount moorde in Rhodesie.
          Soek ons nog steeds die skuldiges ?
          Daar staan hulle–de Klerk en die NP’s, die klompie DP’s en Naspers..
          Al die samesweerders bymekaar.

          1. jan Avatar
            jan

            David my pa was ‘n stoere nasionalis -stigterslede in Kommadagga
            As ek hom karring dat hy mos kan sien hoedat FW / NP/ Pik hulle bevark en belieg – hoekom stem hy nog vir die spul skelms?
            Dan antwoord hy met daai tipiese beroemde veelseggende Afrikanerhumor:
            ‘…… [Hy] is soos die bobbejaan wat varke oppas het – hy ry net altyd op die VOORSTE vark !!…”

      2. Karel Combrinck Avatar
        Karel Combrinck

        Sal so maak David en sal beslis oor my indrukke verslag doen.
        Aan die ander kant, het enigiemand al ooit gedink dat die WVK iets anders was ‘n inkwisisie teen ons? Dit op sigself is nie juis nuus nie. Oor FW De Klerk se positiewe kan ‘n mens wel wonder. Of hy was gek of hy is iets aangebied wat hy nie van die hand kon wys nie. En dan, die vraag in jou laaste sin. Dit is juis die vraag wat Genl vd Merwe moet beantwoord.

        1. david ras Avatar
          david ras

          Karel, eintlik ibehoort my vraag aan die politici van destyds. Al sou die Generaal wel die gevare en die ramp kon voorsien, hy was net die hoof van die polisie en was eintlik magteloos.Sou hy wel opgetree het op een of ander wyse, sou dit op minstens sedisie en hoogstens op ‘n staatsgreep neergekom het.
          Sonder enige toegeneenheid van die media–en veral Naspers–was hy magteloos.
          Die media en veral die gedrukte media het ‘n reuse rol gespeel om die kiesers te sus d.m.v. die weerhouding van noodsaaklike feite.
          Ons aan die ‘nee”kant het slegs die HNP se blad die AFRIKANER
          gehad en die KP se koerant , wat beide so deur die magtige Naspers verguis is dat ons doodeenvoudig nie die boodskap kon uitdra nie.
          Dan was daar nog die liewe ou HIS MASTERS VOICE–die SAUK……

          1. jan Avatar
            jan

            Die doelgerigte en beplande verraad vd NP was waarskynlik die mees gesofitikeerde multimedia projek en aller-ergste ooit.
            Voortdurend was dit ondenkbaar dat die lot nie ‘n plan B / soort troefkaart uitkomkans reddingstrategie gehad het nie. Dit was as ondenkbaar ge-ag dat alles van die NP ‘n groot leuen was Illusie en delusie. Na 20 jaar word dit eers duidelik dat daar absoluut GEEN ontsnappings planne was nie. vir 40 jaar nooit nie. Inteendeel – word alle selfreddende aksies nog steeds met die grootste aggressie beveg. Hier op PRAAG nog steeds..ook

            Die Volksmoord is haarfyn beplan van Verwoerd se moord af en met grootste tegniese vaardigheid doelgerig bestuur. Van geestelike maatskaplike verskroeide aarde tot logistieke ontwapening tot herontplooiing van militêre psigopate teen hul eie mense. Daar is niks ondermynend wat nie deur die NP bestuur aangewend was nie. Die valsheid van die Wittes is oorweldigend.

            Dis vir my ‘n soort verligting om uit die NP se helse tronk te ontsnap en die vryheid van ‘n elementêre eenvoudige swart regering te geniet waar mens waaragtig niks kan verwag nie Want die kwaadwilligheid is dieselfde van toe en nou maar die bose mag van wit Volksvyande is nou ontmasker en in ‘n mate gebreek.
            Ons ken ons vyande by die tyd.maar die ontnugtering en skok maak mense mal in Tsafendastan se Prattpark met die vingertaaltolke.in Afrikaans.

          2. Riempies Avatar
            Riempies

            Van die briljantste analitiese kommentare wat ek in n langtyd
            op Praag gelees het.

          3. jan Avatar
            jan

            Dankie Riempies ou ding! jy sweep my sommer op tot massahisterie…:-))

            Maar wat nou? Wat gaan elkeen van ons daaromtrent doen ? is die kwessie.
            Gaan ons soos ThysH by Isis aansluit en die Christene uitmoor en Christen skole verban om ons probleme op te los.
            Gaan ons soos die Swartes alles wat mooi is- ons oeste verbrand verkrag en opdonner?
            Gaan ons ons Christen volkshelde vermoor soos Verwoerd, Malan Mulder et al
            Gaan ons die voorvaderlike geeste aanbid soos die lot Google Prattpark antigotter – argeoloë
            En Christen Kerke verbrand soos wat Tsafendaspers alias Perskor ThysH etal nog steeds mee aangaan,
            Gaan ons passief sit en wag dat daar ‘n soort wonderteken ons Volksvyande weg raap.?

            Elkeen kan op sy eie spesialisveld iets doen om eendag sy kinders in die oge te mag kyk en te mag sê : Wel kinders Oupa en Ouma het minstens probeer.met wisselende sukses.

            God sal beskik want dis alles tot ere van Hom

            Dan sal daar lewe wees na ons dood.

    2. G Avatar
      G

      Lees liewer die boek. Dis dinamiet!

      1. Arnieann Avatar
        Arnieann

        By wie is dit beskikbaar? En wat kos dit?

        1. G Avatar
          G

          By PRAAG. Klik op die skakel bo

  2. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Het Genl. vd Merwe nie ook laat val hoeveel die omkoop, of uittree geld was nie? En wat was die ouderdomme van hierdie “oorbodige” generaals.
    Mens kan nie glo dat hierdie Manne sonder Sprak of Sprook so gewillig die tuig neergelê het nie.

    1. Kalium_Chloraat Avatar
      Kalium_Chloraat

      ‘n Goeie generaal is nie noodwendig ‘n nasionalis of trou aan sy volk nie. Kyk nou maar na Jannie Smuts.

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Nou wat maak van n generaal n goeie generaal? n Goeie
        generaal vir wie – as hy nie trou aan sy volk is nie? Ek sal eerder dink dit maak van n generaal n goeie verraaier – nie n goeie generaal nie.

        1. Kalium_Chloraat Avatar
          Kalium_Chloraat

          ‘n Goeie Generaal is een wat aan sy missie voldoen. So was Zhukov ‘n, goeie generaal al het hy die helfte van Europa aan die kommuniste onderwerp. So is ‘n goeie generaal een wat sy veldslae wen, maar dit maak hom nie noodwendig ‘n volksheld nie.

  3. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Het iemand al daaraan gedink om uit te vind wie hierdie Generaals is? Dit sal dalk ‘n goeie plan wees om met hulle ‘n onderhoud te voer, en sodoende alle raaiwerk uit te skakel. Na een en twintig jaar behoort hulle redelik spraaksaam te wees.

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Arnie n weermaglid het vir my vertel hoe hulle gemanipuleer –
      (my woord) is deur die weermaghoofde met vergaderings op vergaderings oor hoe wonderlik die nuwe Suid Afrika gaan wees en dat hulle nie anders as ja moet stem nie. Niemand moet vir my vertel dat die weermaghoofde tot op die manskappevlak nie geweet het wat aangaan nie. Niemand gaan n opdrag gee op “need to know” basis nie.

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Ek wil byvoeg dat hierdie weermag ou met n redelike senior posisie vandag nog te gemanipuleer is as om anders as vir die ANC te stem.

  4. jan Avatar
    jan

    Ek lees dat Walvisbaai ‘n reuse hawe ontwikkeling gewen het teenoor Durban oa.
    oDie hawe is vir toegang tot Afrika. . Sal my nie verbaas as Luderitz ook so-iets sal wen nie want dis veel dieper en beskut…
    Omrede Namibia die enigste Christen staat in Afrika is. en hulle President doen uitstekend goed…

Leave a Reply