Die 15-jarige verdagte wat van die moord op Eugene Terre’Blanche aangekla word, het dié week in die landdroshof op Ventersdorp verskyn, het die nasionale vervolgingsgesag gesê.
“Daar is niks belangriks in die hof gesê nie. Die seun was net in die hof vir sy 30-dae opvolg en die landdros het bevind dat sy toestand bevredigend is,” het Mthunzi Mhaga, ‘n woordvoerder gesê.
Die saak is tot 6 Augustus uitgestel.
Volgens Mhaga was daar ‘n maatskaplike werker in die hof om die seun by te staan. Hy het egter nie enige klagtes gehad nie en is terug na die jeugsentrum gestuur.
Ná die seun se inhegtenisname is hy in ‘n plek van veilige bewaring geplaas, waar hy drie maaltye per dag kry, en vir die eerste keer op ‘n bed slaap.
Hy en sy medebeskuldigde, Chris Mahlangu het Terre’Blanche na bewering op 3 April in sy kamer op sy plaas doodgeslaan.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.