praag.co.za

Rowers vermom as polisielede beroof huis

Written by

in

Vier mans is in hegtenis geneem nadat hulle hulself as polisiebeamptes voorgedoen het om toegang tot ‘n huis in Vanderbijlpark te verkry, het die polisie Donderdag in Gauteng gesê. 

Volgens kapt. Noxolo Kweza, polisiewoordvoerder, was die vier mans deel van ‘n groep van tien verdagtes wat ‘n man van Vanderbijlpark Maandag in sy huis beroof het.

“Die mans was in polisie-uniforms geklee en het sodoende toegang tot die slagoffer se huis verkry. Hulle het die slagoffer met vuurwapens aangehou,” het Kweza gesê.

Die verdagtes het met R2000 en ‘n Chrysler Voyager van die toneel gevlug.

“Danksy knap speurwerk is vier van die verdagtes in Katlehong vasgetrek. Die polisie het die motor en vuurwapens in hulle besit gevind.”

Verskeie polisie- en weermag-uniforms is ook gevind.

сколько стоит поставить брекеты ребенкуФильчаков прокурор

Comments

Leave a Reply