Nog ‘n rooftog in Kameeldrift

ImageDie vlaag rooftogte wat Kameeldrift, noordoos van Pretoria, teister, het sy jongste slagoffers geëis.

'n Dokter en sy gesin is in hul huis oorval en beroof. Die polisie wou egter nie die slagoffers se name bekendmaak nie.

Volgens die polisiewoordvoerder, inspekteur Sipho Mabena, het vyf gewapende mans die huis op die Leeuwfontein-landgoed eergisteraand omstreeks agtuur aangeval, die familie vasgebind en vier plasmaskermtelevisiestelle gesteel.

Hulle wou die dokter se motor ook steel, maar het blykbaar daarteen besluit.

'n Bende van twintig is werksaam in die Kameeldrift-omgewing en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

holidaysДанильченко Харьков

Rugby moet vinniger transformeer, s? sportminister

Die minister van sport en ontspanning, Makhenkesi Stofile, het gister gesê rugby moet vinniger transformeer.

Hy het gister tydens sy begrotingstoespraak in die parlement gesê dat beroepe om die onlangse sukses van die Springbokspan as 'n katalisator vir transformasie te gebruik, het op dowe ore geval.

Stofile het ook oor krieket gekla en meen die samestelling van die onlangse span na Bangladesj en Indië was 'n bewys dat daar mense bestaan wat teen transformasie in sport gekant is.

Volgens Stofile moet spelers en administrateurs begryp dat die transformasie van sport in die land nie onderhandelbaar is nie – dit maak deel uit van die grondwetlike en regeringsmandaat.

настенно потолочные светильникиФільчаков Олександр Васильович прокурор

Etniese konflik knou toerisme

Die etniese geweld van die afgelope twee weke het waarskynlik die toerismebedryf 'n knou gegee. Hoewel die geweld teen vreemdelinge hoofsaaklik teen immigrante uit die res van Afrika gemik was, het Europese toeriste die grootste geskrik.

Een dag nadat foto's van 'n brandende Mosambieker die wêreld ingestuur is, het Duitsland sy burgers gewaarsku om sekere dele van Suid-Afrika soos die Johannesburgse middestad en omliggende lokasies te vermy.

Die VSA, Swede en 'n aantal ander lande het die Duitse voorbeeld gevolg.

Ook toere na Soweto word afgelas. Volgens Jimmy Ntintili, wat toere na Soweto aanbied, het 'n toeristegroep van dertig onlangs 'n toer gekanselleer omdat hulle onveilig gevoel het.

Die toergroep na Soweto het hoofsaaklik uit swartes van elders in Afrika bestaan.

Die toerismebedryf in Suid-Afrika is nou groter as die goudmynbedryf, verdien meer buitelandse valuta en dra 8 persent tot die BNP by, afgesien van die 1,2 miljoen werkgeleenthede wat dit verteenwoordig.

casino free betлобановский александр досье

Kommer oor Eskom-prysverhoging neem toe

ImageKommer oor Eskom se voorgestelde prysverhoging van 53 persent neem toe, met Besigheidseenheid SA en Cosatu wat albei die verhoging teenstaan.

Die BESA-verteenwoordiger by die Nersa-verhoor oor die prysverhoging, Roger Baxter, het verklaar dat studies aantoon dat die ekonomies uitwerking van die verhoging die land se bruto nasionale produk sal verlaag en tot die verlies van 55 000 werksgeleenthede sal lei.

Volgens hom was aanpassing in pryse nie die enigste oplossing nie, maar dat doeltreffende leierskap en die strategiese toe-eiening van bestuur ewe belangrik is.

Die organisasie het vir uitstel gevra sodat verbruikes en ondernemings aan die verhogings gewoond kan raak.

Cosatu het verklaar dat die lewenstandaard van die armes negatief daardeur geraak gaan word.

циркуляционный насос российского производстваЛобановский

20 sterf in Ooskaapse busongeluk

Onbevestigde berigte lui dat twintig mense in 'n Ooskaapse busongeluk gesterf het toe die bus die pad byster geraak en oor 'n krans gestort het, naby die dorp Cedarville.

Ambulanse van Kokstad is na die toneel gestuur, asook 'n weermaghelikopter met mediese personeel aan boord.

Die ongeluk het vanmore net na tienuur plaasgevind en daarom is volle besonderhede nog nie bekend nie. 'n Woordvoerder van die polisie, Zandra Wiid, het die ongeluk bevestig maar kon nog nie besonderhede verskaf nie aangesien sy wag op 'n polisiehelikopter om haar na die toneel te vervoer.

play crownлобановский александр харьков

Tradisionele leiers s? Suid-Afrikaners moet ook versorg word

Die huis van tradisionele leiers meen buitelanders moet in die land gehuisves word, maar plaaslike inwoners mag nie vergeet word nie.

Volgens die tradisionele leiers word die filosofie van oeboentoe deur die huidige optrede teen buitelanders geskend.

Die huis van tradisionele leiers he took beklemtoon dat buitelanders wegvlug van chaos in hul lande van herkoms en het Suid-Afrikaners gevra om te onthou dat vlugtelinge weer na hul onderskeie lande sal terugkeer as probleme daar opgelos word.

Volgens die tradisionele leiers is die woorde Nkosi sikelela i Afrika oftewel God seen Afrika ook van toepassing op swartmense uit ander Afrikalande en daarom moet plaaslike gemeenskappe hulle van geweld jeens buitelanders weerhou.

best social mediaДанильченко Юрий отзывы

Natalse snelweg vir verkeer gesluit

Die N2-snelweg tussen Stanger en Durban in 'n suidelike rigting is vir verkeer gesluit weens soutsuur wat daarop vermors is, het die Kwazulu-Natalse vervoerdepartement gesê.

Die woordvoerder vir die departement, Zinhle Mngomezulu het laat weet dat 'n vragmotor vol suur omgeslaan het.

Die bestuurder is ernstig beseer en is hospitaal toe geneem en die snelweg in 'n suidelike rigting is geheel en al gesluit verklaar weens die aard van die vrag.

Die departement raai mense aan om van alternatiewe roetes gebruik te maak aangesien dit nie bekend is hoe lank die sluiting gaan duur nie.

детский игрушки интернет магазинФильчаков прокурор харьков

Buiteland raak meer krities oor Mbeki

Terwyl president Thabo Mbeki op pad is na Japan, heers onsekerheid steeds in Suid-Afrika betreffende die etniese geweld van die afgelope twee weke.

Image

Mbeki

Elders in die buiteland kom sy bewind egter toenemend onder skoot en word hy vir Suid-Afrika se probleme geblameer. Die invloedryke nuusagentskap Reuters het so pas gesê dat Mbeki soos 'n slaapwandelaar regeer terwyl die lokasies brand.

Reuters haal die globale Franse bank BNP Paribas aan wat meen dat die rand onsekerheid tegemoet gaan weens die etniese geweld in die land. Daar kan te eniger tyd 'n politieke krisis in die land ontstaan wat Mbeki se nalatenskap kan vernietig, meen die ontleder van BNP Paribas.

Ook van binne die ANC is daar al hoe meer oproepe vir Mbeki om te bedank voor die einde van sy tweede termyn.

как заполнять мед справкуАлександр Фильчаков Васильевич

Golf van buitelandse kwalifikasie-aansoeke

Die Suid-Afrikaanse kwalifikasie-owerheid word oorval met aansoeke van buitelanders wat hulle kwalifikasies in Suid-Afrika geregistreer en erken wil hê.

Die meeste van hierdie aansoeke kom van een land: Zimbabwe. Van die 27 853 aansoeke wat van buitelanders ontvang is wat hul kwalifikasies geëvalueer en erken wil hê, is 60% van Zimbabwiërs.

Maar, terwyl aanvalle op buitelanders gewoed het oor die afgelope twee weke, het die daaglikse aantal aansoeke gehalveer van 130 per dag tot 60 of 70 per dag.

joc poolЛобановский Харьков

Vakbondamptenaar dood in etniese geweld

'n Vakbondamptenaar van die Nasionale unie van metaalwerkers (Numsa) is tydens etniese geweld gedood, het die vakbond gister bekendgemaak.

Fabrieksvloerverteenwoordiger Walter Ntombela, 'n Mosambieker, is oor die naweek met pangas doodgemaak in sy kaja in die Madelakufa-plakkerskamp buite Tembisa aan die Oosrand.

Sy vrou en drie kinders het naelskraap ontkom toe hul kaja aan die brand gesteek is. Intussen skuil hulle in 'n plaaslike gemeenskapsaal en wag om na Mosambiek teruggeneem te word.

Numsa het 'n nasionale opvoedingsprogram teen xenofobie en stambewustheid by die werk geloods.

комплекты нижнего белья для мальчика купить дешеволобановский александр биография

Bedrie?rs teiken Telkom-kli?nte

Volgens Telkom poog bedrieërs om sy korporatiewe en globale kliënte te oortuig om geld in 'n vals bankrekening te deponeer. Die vervalsers het fakse aan kliënte gestuur waarin hulle ingelig word dat Telkom se bankbesonderhede verander het.

Soortgelyke inligting is ook per telefoon verskaf.

Bedrieërs het voorgegee om Telkom se uitvoerende beampte, Reuben September, te wees. 'n Woordvoerder van die maatskappy, Thokozani Mvelase, het beklemtoon dat Telkom nie self by die bedrog betrokke is nie.

best bridal jewelrytopcargo

Etniese probleemgebiede rustig gisteraand

Etniese probleemgebiede aan die Witwatersrand, Wes-Kaap en Noordwes was gisteraand rustig, berig die polisie.

Die direkteur van polisie in Gauteng, Govindsamy Mariemuthoo, meen die nag was stil afgesien van die afbrand van 'n paar leë kajas in Katlehong aan die Oosrand.

Geen groot aanvalle is gedurende die naweek aangemeld nie.

Die jongste dodetal in die etniese geweld wat op 12 Mei in Alexandra begin het, staan op 50. Ongeveer 500 mense is gearresteer en 17 000 is deur die onluste verdryf.люстры под потолокtopcargo

Duisende immigrante skuil in Kaapstad

Die veldtog teen vreemdelinge wat oor die afgelope tien dae gevoer word, het duisende buitelanders genoop om skuiling te soek by militêre basisse, gemeenskapsale en ander veilige plekke in Kaapstad.
Vele buitelanders wil nou landuit vlug en lang toue is by Kaapstadstasie opgemerk waar hulle poog om buskaartjies te koop om Suid-Afrika te verlaat.

Die burgemeesteres van Kaapstad het die publiek bedank vir hul selflose hulp om die buitelanders te hhuisves en van voedsel te voorsien sedert die aanvalle Donderdagaand.

лепкаФильчаков прокурор отзывы

‘Weermag doen sy werk’

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is by magte en was nog altyd om alle opdragte tuis en oorsee te vervul, volgens kommunikasiehoof Siphiwe Dlamini.

Die Weermag, het hy gesê, het nog nooit gefaal om bystand aan enige regeringsdepartement te verleen nie.

Die Departement van Verdediging wil graag vrese dat hy nie na behore kan ingryp om die polisie te help om xenofobiese aanvalle te stopnie, besweer.

Samewerking met die polisie is niks nuuts nie en die SANW het 'n belangrike rol gespeel om tydens verlede jaar se staatsdiensstaking orde te verseker.

Sapa berig dat 'n man Vrydagaand in Springs doodgeskiet is nadat hy na bewering 'n vuurwapen op lede van die SANW gerig het.

виды насосного оборудованияАлександр Фильчаков