Etniese probleemgebiede rustig gisteraand

Etniese probleemgebiede aan die Witwatersrand, Wes-Kaap en Noordwes was gisteraand rustig, berig die polisie.

Die direkteur van polisie in Gauteng, Govindsamy Mariemuthoo, meen die nag was stil afgesien van die afbrand van 'n paar leë kajas in Katlehong aan die Oosrand.

Geen groot aanvalle is gedurende die naweek aangemeld nie.

Die jongste dodetal in die etniese geweld wat op 12 Mei in Alexandra begin het, staan op 50. Ongeveer 500 mense is gearresteer en 17 000 is deur die onluste verdryf.люстры под потолокtopcargo