Elders in die buiteland kom sy bewind egter toenemend onder skoot en word hy vir Suid-Afrika se probleme geblameer. Die invloedryke nuusagentskap Reuters het so pas gesê dat Mbeki soos 'n slaapwandelaar regeer terwyl die lokasies brand.
Reuters haal die globale Franse bank BNP Paribas aan wat meen dat die rand onsekerheid tegemoet gaan weens die etniese geweld in die land. Daar kan te eniger tyd 'n politieke krisis in die land ontstaan wat Mbeki se nalatenskap kan vernietig, meen die ontleder van BNP Paribas.
Ook van binne die ANC is daar al hoe meer oproepe vir Mbeki om te bedank voor die einde van sy tweede termyn.
