Ambulanse van Kokstad is na die toneel gestuur, asook 'n weermaghelikopter met mediese personeel aan boord.
Die ongeluk het vanmore net na tienuur plaasgevind en daarom is volle besonderhede nog nie bekend nie. 'n Woordvoerder van die polisie, Zandra Wiid, het die ongeluk bevestig maar kon nog nie besonderhede verskaf nie aangesien sy wag op 'n polisiehelikopter om haar na die toneel te vervoer.
