Volgens die tradisionele leiers word die filosofie van oeboentoe deur die huidige optrede teen buitelanders geskend.
Die huis van tradisionele leiers he took beklemtoon dat buitelanders wegvlug van chaos in hul lande van herkoms en het Suid-Afrikaners gevra om te onthou dat vlugtelinge weer na hul onderskeie lande sal terugkeer as probleme daar opgelos word.
Volgens die tradisionele leiers is die woorde Nkosi sikelela i Afrika oftewel God seen Afrika ook van toepassing op swartmense uit ander Afrikalande en daarom moet plaaslike gemeenskappe hulle van geweld jeens buitelanders weerhou.
