Die BESA-verteenwoordiger by die Nersa-verhoor oor die prysverhoging, Roger Baxter, het verklaar dat studies aantoon dat die ekonomies uitwerking van die verhoging die land se bruto nasionale produk sal verlaag en tot die verlies van 55 000 werksgeleenthede sal lei.
Volgens hom was aanpassing in pryse nie die enigste oplossing nie, maar dat doeltreffende leierskap en die strategiese toe-eiening van bestuur ewe belangrik is.
Die organisasie het vir uitstel gevra sodat verbruikes en ondernemings aan die verhogings gewoond kan raak.
Cosatu het verklaar dat die lewenstandaard van die armes negatief daardeur geraak gaan word.

Kommer oor Eskom se voorgestelde prysverhoging van 53 persent neem toe, met Besigheidseenheid SA en Cosatu wat albei die verhoging teenstaan.