'n Dokter en sy gesin is in hul huis oorval en beroof. Die polisie wou egter nie die slagoffers se name bekendmaak nie.
Volgens die polisiewoordvoerder, inspekteur Sipho Mabena, het vyf gewapende mans die huis op die Leeuwfontein-landgoed eergisteraand omstreeks agtuur aangeval, die familie vasgebind en vier plasmaskermtelevisiestelle gesteel.
Hulle wou die dokter se motor ook steel, maar het blykbaar daarteen besluit.
'n Bende van twintig is werksaam in die Kameeldrift-omgewing en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Die vlaag rooftogte wat Kameeldrift, noordoos van Pretoria, teister, het sy jongste slagoffers geëis.