Volgens Telkom poog bedrieërs om sy korporatiewe en globale kliënte te oortuig om geld in 'n vals bankrekening te deponeer. Die vervalsers het fakse aan kliënte gestuur waarin hulle ingelig word dat Telkom se bankbesonderhede verander het.
Soortgelyke inligting is ook per telefoon verskaf.
Bedrieërs het voorgegee om Telkom se uitvoerende beampte, Reuben September, te wees. 'n Woordvoerder van die maatskappy, Thokozani Mvelase, het beklemtoon dat Telkom nie self by die bedrog betrokke is nie.
best bridal jewelrytopcargo