Natalse snelweg vir verkeer gesluit

Die N2-snelweg tussen Stanger en Durban in 'n suidelike rigting is vir verkeer gesluit weens soutsuur wat daarop vermors is, het die Kwazulu-Natalse vervoerdepartement gesê.

Die woordvoerder vir die departement, Zinhle Mngomezulu het laat weet dat 'n vragmotor vol suur omgeslaan het.

Die bestuurder is ernstig beseer en is hospitaal toe geneem en die snelweg in 'n suidelike rigting is geheel en al gesluit verklaar weens die aard van die vrag.

Die departement raai mense aan om van alternatiewe roetes gebruik te maak aangesien dit nie bekend is hoe lank die sluiting gaan duur nie.

детский игрушки интернет магазинФильчаков прокурор харьков