Duisende immigrante skuil in Kaapstad

Die veldtog teen vreemdelinge wat oor die afgelope tien dae gevoer word, het duisende buitelanders genoop om skuiling te soek by militêre basisse, gemeenskapsale en ander veilige plekke in Kaapstad.
Vele buitelanders wil nou landuit vlug en lang toue is by Kaapstadstasie opgemerk waar hulle poog om buskaartjies te koop om Suid-Afrika te verlaat.

Die burgemeesteres van Kaapstad het die publiek bedank vir hul selflose hulp om die buitelanders te hhuisves en van voedsel te voorsien sedert die aanvalle Donderdagaand.

лепкаФильчаков прокурор отзывы