Een dag nadat foto's van 'n brandende Mosambieker die wêreld ingestuur is, het Duitsland sy burgers gewaarsku om sekere dele van Suid-Afrika soos die Johannesburgse middestad en omliggende lokasies te vermy.
Die VSA, Swede en 'n aantal ander lande het die Duitse voorbeeld gevolg.
Ook toere na Soweto word afgelas. Volgens Jimmy Ntintili, wat toere na Soweto aanbied, het 'n toeristegroep van dertig onlangs 'n toer gekanselleer omdat hulle onveilig gevoel het.
Die toergroep na Soweto het hoofsaaklik uit swartes van elders in Afrika bestaan.
Die toerismebedryf in Suid-Afrika is nou groter as die goudmynbedryf, verdien meer buitelandse valuta en dra 8 persent tot die BNP by, afgesien van die 1,2 miljoen werkgeleenthede wat dit verteenwoordig.
