Ten minste 445 karre is aan die brand gesteek oor Nuwejaarsnag in Frankryk. Dit is 'n styging van 20% teenoor verlede jaar, maar daar was relatief min botsings met die polisie, het die ministerie van binnelandse sake en polisie Dinsdag gesê.
DRK-rebelleleier ontken leierskapsverandering
Een van die Kongo se hoof rebelle militêre leiers het laat Maandag ontken dat Laurent Nkunda, die hoof van die Nasionale Kongres vir die Verdediging van die Mense (NKVM) deur 'n ontevrede groep uit sy posisie verwyder is.
Twee in hegtenis vir Joubertpark-moord
Johannesburgse polisie het twee mans gearresteer binne 15 minute nadat hulle gesien het hoe die twee 'n man Maandagnag in Joubertpark geskiet het.
IVP-jeugleier vermoor
Die leier van die IVP se Jeugbrigade, Shadrack Dube is doodgeskiet in KwaZulu-Natal, het die party Maandag gesê.
Man sterf in hondekossilo
'n Werknemer van die troeteldierkos vervaardiger Epol is dood nadat hy in 'n silo vol kos geval het in Pretoria Wes, het polisie Maandag gesê.
Stormdodetal in KZN styg tot 18
Agtien mense is dood gedurende 'n donderstorm wat die naweek chaos veroorsaak het in verskeie dele van KwaZulu-Natal, het owerhede Maandag gesê.
Swartvrou in hof oor moord op haar vader
'n 28 Jarige swart vrou wat gearresteer is vir die moord op haar vader was Maandag R1000 borgtog toegestaan deur die landdroshof op Atteridgeville, hert die polisie gesê.
Vakansiesterftes weens motorongelukke laer as in 2007
Padsterftes het in Desember gedaal tot 937 in vergelyking met 1535 sterftes wat aangeteken is in die 2007 vakansieseisoen, het die departement van vervoer Maandag gesê.
Lees verder: Vakansiesterftes weens motorongelukke laer as in 2007
Karwagte by Dieretuinmeer aangekeer
Omtrent 40 karwagte is by Dieretuinmeer aangekeer vir opsetlike beskadiging van eiendom, het Johannesburg se metro polisie Mandag gesê.
Hamas dreig met aanvalle op Israelse burgerlikes
Hamasvegters Gasa se Hamas-leier het Hamas-vegters aangespoor om die Israelse magte wat die gebied ingeval het, te "verbrysel". Hy het ook daarop geskimp dat daar groter pogings aangewend gaan word om Israelse burgers aan te val. Die Hamas-leier, Mahmoud Zahar, het Maandag op Hamas se Al Aksa-TV gepraat. Dit was nie duidelik of dit 'n
Lees verder: Hamas dreig met aanvalle op Israelse burgerlikes
