Die jongste statistiek wat deur die departement vrygestel is toon dat 598 minder mense dood is in padongelukke in Desember 2008 as mens dit vergelyk met die vorige jaar.
KwaZulu-Natal het die hoogste sterftesyfer gehad met 181 mense wat dood is, gevolg deur Limpopo met 167, en Gauteng met 136 sterftes, het die departement van vervoer se woordvoerder Collen Msibi gesê.
Die Noord-Kaap het die laagste sterftesyfer aangeteken met 28 mense wat dood is.
Van die 937 mense wat dood is in 733 ongelukke, "was 262 bestuurders, 366 passasiers en 309 voetgangers," het Msibi gesê.
Die verlaagde sterftesyfer is 'n tree in die regte rigting, het Msibi gesê, wat aangedui het dat die departement 'n 2014 teiken wil bereik om verkeersoortredings te sny met 20% per jaar.
Die teiken sluit ook in om voetgangersterftes – tans amper 50% van alle pad sterftes – met 10% per jaar te verminder en veiligheid vir fietsryers te verbeter, het Msibi gesê.
