Inspekteur Daniel Mavimbela het gesê Tsholofelo Mosoane van Atteridgeville het na bewering haar vader, Sidney Mosoane (58) Vrydag vermoor.
Die saak teen haar is uitgestel tot 22 Januarie vir verdere ondersoek.
Sy het na bewering haar vader gesteek nadat hy haar aangespreek het omdat sy laataande uitgaan en haar baba by die familie laat.
'n Argument het uitgebreek en sy het 'n skerp voorwerp gegryp en hom in die bolyf gesteek.
Die vader is na Kalafong hospitaal geneem waar hy oorlede is, het Mavimbela gesê.
