Stormdodetal in KZN styg tot 18

Agtien mense is dood gedurende 'n donderstorm wat die naweek chaos veroorsaak het in verskeie dele van KwaZulu-Natal, het owerhede Maandag gesê.

5 Mense is deur weerlig geslaan, 4 is weggespoel in 'n kar en nog 7 het klaarblyklik verdrink, het Lennox Mabaso, woordvoerder vir die ministerie van plaaslike regering gesê.

Die vier wat weggespoel het, was op pad na 'n troue toe hulle kar weggespoel het in die KwaMashu omgewing.

Nog 'n persoon, Julius Dlamini (60) het geloop op 'n pad by Inchanga, aan die buitewyke van Durban, toe hy weggespoel is deur die stygende water. 'n Groot deel van die pad is ook weggespoel. Sy liggaam is Sondagaand op 'n rivierbank gevind.

Die provinsie se LUR vir sosiale ontwikkeling, Meshack Radebe, wat Maandagoggend families in die Inchanga gebied besoek het, het aan SAPA gesê: "My hart breek vir die mense hier. Wanneer ek my oë toemaak keer die nagmerrie terug na my toe…van medemense wat sterf en deur weerlig getref word."

"Hoe raak mens aan die slaap en vergeet van die mense wat gesterf het, van die familie van vier wat deur weerlig getref is? Mens kan nie ontsnap nie. Dit sal altyd by mens bly."

Hy het gesê die tragedie is enorm en "vanweë my werk en dit wat ek sien, moet ek soms in die hospitaal opgeneem word vir stres en depressie."

'n Woordvoerder vir die departement van sosiale ontwikkeling wat nie genoem wol word nie het gesê die inwoners ly aan skok.

"Baie lewens word geraak en hierdie sterftes was sinloos."

Каскадные люстрыпрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae