Man sterf in hondekossilo

'n Werknemer van die troeteldierkos vervaardiger Epol is dood nadat hy in 'n silo vol kos geval het in Pretoria Wes, het polisie Maandag gesê.

Kaptein Dumisani Ndlazi het gesê die 27 jarige man het gegly en in die silo wat driekwart vol was geval, toe hy Maandag oggend besig was met sy pligte. Hy is dood aan versmoring.

Pretoria brandweer en nooddienste woordvoerder, Johan Pieterse het gesê hulle is vroeg Maandag geskakel. Die silo is leeggemaak in 'n amper 5 ure lange operasie, maar toe die man gevind is, was hy reeds dood.

'n Ondersoek na die ongeluk gaan geopen word.

форма 086улобановский александр дочь

Maak 'n opvolg-bydrae