IVP-jeugleier vermoor

Die leier van die IVP se Jeugbrigade, Shadrack Dube is doodgeskiet in KwaZulu-Natal, het die party Maandag gesê.

"Dube is agt keer geskiet deur onbekende aanvallers terwyl hy terug gekom het na hy gaan lugtyd koop het nie ver van sy huis in Phumlani woongebied by Hluhluwe," het die partyvoorsitter in die Mkhanyakude distriksmunisipaliteit, Alfred Mpontshane in 'n verklaring gesê. Die moord het Sondag plaasgevind.

Die party beskryf die moorde as 'n sistematiese veldtog om sy leiers te elimineer, sy veldtog te ontspoor en sy ondersteuners te intimideer voor die algemene verkiesings.

"Ons as die IVP is baie hartseer en onstel deur die ontydige dood van ons kameraad…en hoewel ons nie weet wie die aanvallers is nie, neem ons kennis van die amper uniforme metode waarop hy (Dube) en van ons ander leiers in sluipmoorde dood is."

Polisiewoordvoerder, kaptein Jabulani Mdletshe het die skietvoorval bevestig, maar geen verdere besonderhede gehad nie. 

casino gamesалександр лобановский харьков класс

Maak 'n opvolg-bydrae