Kaptein John Maluleke het gesê twee lede van die misdaad intelligensie operasie en opspooreenheid het in 'n ongemerkte polisievoertuig gery. Omtrent 20:30 het hulle gesien hoe 'n man geskiet word op die hoek van Breë straat en Nugget straat.
'n 26 Jarige man is drie keer deur 'n man geskiet wat daarna in 'n wagtende motor gespring het.
"Die kar het weggejaag en die polisie het hulle agtervolg."
Polisie het die mans omtrent 15 minute later in Doornfontein gevang, en beide die bestuurder van die kar en die skieter in hegtenis geneem. Hulle het ook 'n onwettige vuurwapen gekonfiskeer.
Die mans, met ouderdomme 26 en 32 sal verskeie klagte in die gesig staar, insluitend moord en die besit van 'n onwettige vuurwapen. Hulle sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.
Maluleke het gesê die polisiemanne wat betrokke was, "was net op die regte plek op die regte tyd."
