Die verbrand van karre is iets wat gereeld in Frankryk gebeur, maar die opname van die totale vir Nuwejaarsaand het amper iets soos 'n tradisie geword sedert dit simboliese status bereik het in die gewelddadige oproer wat baie van die land se arm woongebiede geskud het in 2005.
'n Beampte van die ministerie van binnelandse sake het gesê dat vanaf 06:00 (0500 GMT) die brandstigting op 445 karre aangeteken is, teenoor 372 gedurende dieselfde tyd verlede jaar. Polisie het 288 arrestasies gemaak teenoor 259 op 31 Desember 2007.
Daar was 50 karre wat verbrand is in Strasbourg, waar polisie 17 arrestasies gemaak het, insluitend 4 mense wat karre aan die brand gesteek het.
In die suidelike stad Toulouse, is 12 karre uitgebrand in die buitewyke van die stad, terwyl in Nantes omtrent 10 karre aan die brand gesteek is, alhoewel die polisie gesê het dat Nuwejaarsaand "redelik kalm" was.
Die Franse pers berig dat die ministerie van binnelandse sake 'n finale bevestigde telling bekendgemaak het van 1147 voertuie wat in Frankryk oor Nuwejaar uitgebrand is. Die syfer is 30, 64% op van verlede jaar se totaal van 878.

Ten minste 445 karre is aan die brand gesteek oor Nuwejaarsnag in Frankryk. Dit is 'n styging van 20% teenoor verlede jaar, maar daar was relatief min botsings met die polisie, het die ministerie van binnelandse sake en polisie Dinsdag gesê.