Karwagte by Dieretuinmeer aangekeer

Omtrent 40 karwagte is by Dieretuinmeer aangekeer vir opsetlike beskadiging van eiendom, het Johannesburg se metro polisie Mandag gesê.

Inspekteur Edna Mamonyane het gesê die wagte het bestuurders gedreig en hulle karre beskadig nadat hulle geweier het om hulle te betaal om hulle karre op te pas.

"Nege is gearresteer op Nuwejaarsdag, 16 op Saterdag en die laaste 16 op Sondag."

Hulle is almal aangekla van opsetlike beskadiging van eiendom en dat hulle die bestuurders gepla het, het Mamonyane gesê.

designer bridal headbandsлобановский александр игоревич