12:01:40 Die Amerikaanse presidensiële verkiesing van 2008 herinner mens aan nog 'n stemmery wat 16 jaar gelede in Suid-Afrika plaasgevind het: die referendum waarin blankes gestem het om die mag aan swartes te oorhandig. Hoewel dit reeds lankal oorskadu word deur die 1994-verkiesing wat die ANC aan die mag gebring het, was dit die referendum op 17 Maart 1992 wat blanke regering beëindig het.
Groeiende hoeveelheid Amerikaners trek swaar
Die probleme in die Amerikaanse ekonomie veroorsaak dat al hoe meer Amerikaners bankrot verklaar word, en nou ook met baie meer skuld as wat mense met vorige dalings in die ekonomie gehad het.
Swart vroue verdien meer as blanke vroue in Brittanje
Vir die eerste keer verdien swart vroue in Brittanje meer as blanke vroue, het amptelike syfers aangedui.
Lees verder: Swart vroue verdien meer as blanke vroue in Brittanje
Irak stem vir volle Amerikaanse onttrekking teen 2011
Irak se parlement het Sondag met 'n oorweldigende meerderheid gestem vir 'n voorgestelde sekuriteitsooreenkoms wat die totale onttrekking van Amerikaanse magte uit die land teen die einde van 2011 behels. Die kabinetsbesluit stel nou 'n finale datum vir die onttrekking van Amerikaanse soldate heelwat nader as wat dit was na vyf en 'n half jaar se oorlog.
Lees verder: Irak stem vir volle Amerikaanse onttrekking teen 2011
Man vas nadat hy sy albino vrou wou verkoop
'n Man is in suidelike Tanzanië gearresteer nadat hy sy albino vrou wou verkoop aan Kongolese handelaars, het polisie Woensdag gesê.
Zim vaar beter met geletterdheid as SA
Die VN het onlangs 'n verslag oor die stand van die wêreldbevolking vir 2008 bekend gestel, waarin skokkende feite bekendgemaak is.
Lekotavergadering swak bygewoon
Suid-Afrika se president, provinsiale premiers en burgemeesters moet direk deur die kiesers verkies word en nie aangestel word deur 'n partyhiërargie nie, het Volkskongresvoorsitter, Mosiuoa Lekota Sondag in Durban gesê. Lekota het by 'n vergadering van sowat 50 mense in Durban se Chatsworthgebied gepraat.
Janet Boateng ‘laat apartheid herleef’
William Fenyane, die Britse hoë-kommissaris se landgoedbestuurder in Kaapstad, het tydens ‘n onderhoud aan die Sunday Times en The Mail gesê dat Janet Boateng, Britse ambassadeursvrou, daarop aangedring het dat die personeel haar as “Madam” aanspreek. Dié aanspreekvorm is iets wat sterk herinneringe aan apartheid laat herleef.
Laat ons ontkom aan die taalkundige volksrepubliek
08:43:46 Mnr. Thys Human maak in 'n lesersbrief beswaar teen ons gebruik van die term "Volkskongres" vir die nuwe politieke party wat onder die Engelse naam "Congress of the people" gestig is. Hy meen die woord "volk" kan nie as ekwivalent van "people" gebruik word nie.
Lees verder: Laat ons ontkom aan die taalkundige volksrepubliek
Teenmisdaadveldtog in Soweto lewer 92 mense
92 Mense is by Jabulani in Soweto gevang vir verskeie tipes misdade, het die Johannesburgse polisie op Sondag gesê.
