Irak stem vir volle Amerikaanse onttrekking teen 2011

Irak se parlement het Sondag met 'n oorweldigende meerderheid gestem vir 'n voorgestelde sekuriteitsooreenkoms wat die totale onttrekking van Amerikaanse magte  uit die land teen die einde van 2011 behels. Die kabinetsbesluit stel nou 'n finale datum vir die onttrekking van Amerikaanse soldate heelwat nader as wat dit was na vyf en 'n half jaar se oorlog.

Die voorgestelde ooreenkoms moet steeds deur die Irakese parlement goedgekeur word in 'n stemming wat in die week moet plaasvind. Leiers van die grootste parlementere blokke het vertroue uitgespreek dat met die ondersteuning van die Sjiïete en Koerde hulle genoeg ondersteuning het om die saak te laat goedkeur.

27 van die 28 kabinetsministers wat teenwoordig was by die twee en 'n half uur sessie, het ten gunste van die voorstel gestem. Nege ministers was afwesig. Die amper eenparige stemming was 'n groot oorwinning vir die Sjiïtiese party en hulle Koerdiese ondersteuners. Wydverspreide Soennie-opposisie kan die besluit laat faal selfs al is daar genoeg stemme om dit deur te voer, aangesien hulle die vraag sal stel of daar 'n ware nasionale konsensus is, wat vir die Sjiïtiese leiers baie belangrik is.

Die voorgestelde ooreenkoms, wat amper 'n jaar geneem het om met Amerika onderhandel, stel nie net 'n datum vir die onttrekking van Amerikaanse soldate nie, maar ook beperkings op betrokkenheid van Amerikaanse soldate in gevegstoestande in Irak, wat op 1 Januarie in werking tree. Verder vereis dit ook onttrekking van Amerikaanse soldate uit woongebiede uit teen 30 Junie. Die vasgestelde datums dui op merkbare toegewings van de Bush-administrasie, wat tot nou toe gekant was daarteen om enige vasgestelde tye bekend te maak.    

lagunФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae