Man vas nadat hy sy albino vrou wou verkoop

Image'n Man is in suidelike Tanzanië gearresteer nadat hy sy albino vrou wou verkoop aan Kongolese handelaars, het polisie Woensdag gesê.

  

Rukwapolisie se streeksbevelvoerder, Isunto Mantage, het gesê John Joseph was oop die punt om sy vrou, Janet, vir 3,6 miljoen sjieling (R35 000) te verkoop toe hy gevang is in 'n polisieoperasie.

Mantage het gesê die man is gevang nadat polisie 'n lokval gestel het, maar het bygevoeg dat die twee Kongolese handelaars ontsnap het.

Die vrou het aan die polisie gesê dat sy nie bewus was van haar man se planne om haar te verkoop nie, maar hy het erken dat hy 'n ooreenkoms met die Kongolese gemaak het.

In 'n vlaag van grusame insidente oor die laaste paar maande, is albino's ontvoer, vermoor en in stukke opgekap vir toordokters wat hulle ledemate en organe gebruik om moetie te maak.

Die mees onlangse slagoffer was 'n 10-jarige meisie, wat verlede maand grusaam vermoor is.

Ten minste 27 albino's, meestal vroue en kinders, is in die laaste jaar in verskillende dele van dié Oos-Afrika land vermoor.

"Dit is absoluut onnosel vir mense om te glo dat albino's toorkrag in hulle liggame het wat hulle (die handelaars) kan ryk maak" het Tanzaniese president Jakaya Kikwete by 'n onlangse saamtrek van die Tanzaniese Albinovereniging (TAV) gesê.

"Mense behoort deur opvoeding te leer dat dit net deur harde werk is wat mens in die lewe vooruitgang kan maak, en nie deur die verkoop van albinoliggaamsdele nie" het hy gesê.

Dinsdag het twee verdagtes voor 'n plaaslike landdros in die sentraal-Tanzaniese streek, Singida, verskyn vir sameswering om 'n 6-jarige albino meisie te vermoor.

Van die ongeveer 150 000 albino's in die land met 35 miljoen inwoners, volgens die 2002 sensus, is 8000 geregistreer by TAV.

Sommige families maak albino babas dood by geboorte het die owerhede gesê. 

гидроаккумулятор вФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae