Een so 'n feit is dat die vlak van ongeletterdheid in Suid-Afrika hoër is as in Zimbabwe. Daarbenewens is Suid-Afrikaners se lewensverwagting laer as Afrika se gemiddeld. Irak, wat daagliks gebuk gaan onder sektariese geweld, doen selfs beter.
Ongeletterdheid onder Suid-Afrikaanse mans en vroue ouer as 15 jaar is onderskeidelik 16% en 19%. Dit is aansienlik hoër as in Zimbabwe, waar die syfers onderskeidelik 7% en 14% is.
In Irak is dié syfers onderskeidelik 58,4 en 62,1 jaar.
Die huidige gemiddelde verwagte lewensduur vir mans wêreldwyd is 65,1 jaar en vir vroue is dit 69,6 jaar.
In die hele Afrika is die verwagte lewensduur onder mans 51,9 jaar en onder vroue 53,9 jaar. In Suid-Afrika is dit vir mans 48,8 jaar en vir vroue 49,6 jaar.
Die wêreld se onderontwikkelde lande het die hoogste bevolkingsaanwas.
