Janet Boateng ‘laat apartheid herleef’

William Fenyane, die Britse hoë-kommissaris se landgoedbestuurder in Kaapstad, het tydens ‘n onderhoud aan die Sunday Times en The Mail gesê dat Janet Boateng, Britse ambassadeursvrou, daarop aangedring het dat die personeel haar as “Madam” aanspreek. Dié aanspreekvorm is iets wat sterk herinneringe aan apartheid laat herleef.

‘n Voormalige personeellid, Fenyane, het gesê dat Boateng altyd agterdogtig was en personeel beskuldig het dat hulle haar onderklere en juweliersware gesteel het, berig Beeld. 

“Die vrou wat sy beskuldig het dat sy haar onderklere steel was merkbaar groter as mev. Boateng. Dit was belaglik. Natuurlik het sy later die goed gevind, aangesien dit nie gesteel was nie, maar daar was nooit om verskoning gevra nie.”

“Ek het vinnig agtergekom dat die vrou amper op ‘n daaglikse basis op haar werkers geskree het.”

Fenyane het gesê dat hy op die einde die enigste personeel lid was wat sy vertrou het. Fenyane het vroeër die jaar bedank na amper twee jaar se diens daar. Kort voordat hy weg is, het twee kokke, ‘n sekretaresse en die huisbestuurder ook bedank.

“Ek moes alles vir haar doen. Ek moes haar slaapkamer en badkamer skoonmaak, en haar na die haarsalon en ander afsprake toe rondry. Sy het my beveel om die boukontrakteurs te ontslaan, en het hulle "nare, lui, Suid-Afrikaners” genoem,” het hy gesê.

“Ek het haar eenkeer naby die sekretaresse sien staan asof sy haar wou slaan – ek het werklik gedink dat daar ‘n fisiese onderonsie gaan ontstaan. Swart en wit personeellede moes die venyn van haar beledigings verduur,” het hy gesê.

Janet Boateng is in Barbados gebore en is besonder donker van gelaatskleur.

Margaret Thatcher het reeds jare gelede vies opgmerk dat die landgoed van die hoë-kommissaris baie meer luuks is as die woning van die Britse eerste minister en die sin van sulke oordaad skerp bevraagteken.


брюки зимние для мальчика купитьДанильченко